NG Lynnwood Gemeente

Peet Crous

27 Augustus 2010. Maak gebed 'n verskil?

Hallo liewe lidmate

Tydens sy verblyf in Suid Amerika vertel Henri Nouwen die volgende: Niemand hoef my te oortuig van die noodsaaklikheid van gebed nie. Sonder gebed is irritasie my voorland; moegheid sluimer voor die deur; die Heilige Gees, wat my bewus moet maak van ander mense se nood, raak slegs 'n dowwe fluistering. Sonder gebed is my fokus dit waarheen ek op pad is. Ek raak nukkerig, wraakgierig en verstoot ander mense.

Verder vertel hy dat, wanneer dit goed gaan, hy ongeveer een uur aan gebed per dag spandeer. Sonder dit slaap hy slegter, is geredeliker verward en sake verveel hom maklik.

Moet almal se gebedslewe soos Nouwen s'n lyk? Nee, maar daar is bepaald iets by hom te leer. Het jy geweet dat een van die take van 'n dominee is om te bid - die kerkorde deel ons dit mee.

Kom ons skerp ons gebede op in hierdie week. Bid asseblief vir my dat ek erns sal maak met my gebedswerk!

Amen, Peet van Pretoria

Views: 0

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service