NG Lynnwood Gemeente

Liewe lidmate

 

Dis omtrent 'n geruim tyd vandat ek laas 'n blog geskryf het.  Dis vir my heerlik om weer met julle kontak te maak! 

 

Het jy ook al hierdie woorde gehoor:  "Jy stes te veel"?  Of dalk:  "Jy stes verniet, alles gaan regkom"?  Ongelukkig is dit nie waar nie want stres kos ons wel.  Dit het die moontlikheid om mense te vernietig: dit laat ons kreatiwiteit verloor en benadeel ons fisiese gesondheid.  Jesus vertel natuurlik in die bergrede dat bekommernis nie ons lewens verleng nie.  Vandag weet ons dat dit lewens verkort.

 

Wil jy nie saam met my die volgende stresbrekers oorweeg nie?  Eerstens is dit goed om te onthou dat stes wel positief kan wees.  As ek "Time" reg verstaan is dit positief wanneer mens iets kan doen aan 'n situasie wat ons gespanne maak.  Verder help dit ook om te onthou dat dit God is wat ons versorg - praat van 'n stresbreker wanneer ons in gedagte hou dat my versorging van Iemand anders afhanklik is.  Nog 'n stresverwyderaar wat soos 'n vlekverwyderaar funksioneer, is om te mediteer oor die wonderlike dinge wat die Here vir ons doen.  Uit die aard van die saak is nie een van die stresbrekers liggewig oplossings nie, maar as mens dit goed navolg, kan dit positief uitwerk.

 

'n Stresvrye week vir jou! 

 

Liefde groete,  Peet Crous

Views: 3

Tags: predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service