Liewe lidmate
Die woorde genade en vrede hoor mens nogal gereeld in 'n erediens. Waar kom hierdie woorde vandaan? Vrede is 'n Hebreeuse woord en meeste van ons sal bekend wees met die uitspraak: Sjalom. Vrede hou meer in as die blote afwesigheid van geweld. Vrede gaan ook oor 'n gemoedstoestand. Genade is 'n woord wat uit Grieks kom en mens kan dit min of meer soos volg uitspreek: garis. Genade is om iemand anders met liefde te hanteer. Dit sluit 'n deernisvolle houding in wat in dade oorgaan.
Die Jode was onderdane in 'n Griekssprekende beskawing. Vir die Jode was enige nie-Jood gelykstaande aan 'n hond. Nogtans gebruik Paulus hierdie gelaaide woorde saam.
Wanneer hierdie twee onwaarskynlike woorde saamgevoeg word, poog die Nuwe Testament om iets te vertel van die manier waarop God ons hanteer en ook van die manier waarop ons ander mense moet hanteer. In die praktyk hou dit in dat ons ook die onwaarskynlikes rondom ons met deernis moet hanteer. Moeilik? Nogal! Daarom bid ons saam: "Here help!"
Amen
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente