Liewe lidmate

Dit gebeur nogal gereeld met my dat 'n persoon my nader met min of meer die volgende woorde: "Ek weet dat jy baie besig is, maar kan ek 'n bietjie van jou tyd steel?" Eugene Peterson het al in 1993 'n artikel geskryf met die titel: "The Unbusy Pastor." Daarin maak hy die stelling dat dit sommer nonsens is, in baie situasies, dat dominees so besig is.

Waarmee moet 'n pastorale ingenieur hom/haar dan wel besig hou, sou mens aan Eugene kon vra. Hy reken met die volgend drie dinge:

[1] Gebed. As die vertrekpunt is dat ek die Here deur sy Woord hoor praat, is gebed my antwoord. Gebed wat verder gaan as blote versoeke, maar wat ook uitkom by aanbidding ens.

[2] Preek. Om vir die gemiddelde Gesinsdiens voor te berei, neem ongeveer 'n dag uit 'n week.

[3] Luister. Dis nogal 'n ding waarmee ons dominees sukkel. Miskien omdat ons gewoond is aan praat.

As jy 'n erediens gedurende die komende naweek bywoon, dink aan die dominees i.t.v. die vorige drie punte.

Liefde-groete. Peet van Pretoria

Views: 75

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service