Ek het in vanaand se diens tydens die 'worship' session opgestaar na die kruis voor in die kerk...daai spesifieke kruis het my al baie aande opgetel wanneer dinge rerig net te erg was - vanaand was anders...
ek het na die kruis gestaar en net gedink aan die LEGENDARY dude wat aan daardie kruis gehang het...dat 'n ou met soveel passie en awesome in hom moes sterf vir iemand so sondig soos ek is net wonderbaarlik amazing ( daar is nie genoeg byvoeglike naamwoorde om dit te beskryf nie )
Terwyl ek so opstaar toe sing die band - "deur U bloed is kan ons kom, deur U bloed kan ons nader..."
Dis bo my verstand hoekom God ons as mense wil liefhe....maar ek wil dit ook nie verstaan nie, want dan is dit nie meer so amazing nie!
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente