Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

BFG is Spielberg se interpretasie van Roald Dahl se klassieke kinderverhaal met dieselfde naam. Die rolprent is op ‘n tegniese en visuele vlak ‘n meesterstuk. Die uitbeelding van London se strate, die heuwels van Reuse-land, en die asemrowende Droomland laat jou na jou asem snak. Die element van vrees, wat in die boek se storielyn baie sterk is, word deur Spielberg versag wat maak vir ‘n goeie gesinsrolprent. Die rolprent vertel hoe Sophie, ‘n weeskind, en ‘n reus se paaie kruis. Hierdie ontmoeting verander beide se lewens vir altyd.

Mark Rylance vertolk die rol van die reus skitterend. Sy ekspressiewe gesigsuitdrukkings maak dat sy karakter dadelik in jou hart inkruip.


Alhoewel BFG nie Spielberg se beste werk is nie, bly dit ‘n pragtige fliek vol lewenslesse. Gaan kyk dit gerus saam met jou kinders.

Views: 114

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service