Liewe vriende,
Die grusame massamoord in Noorweë, deur waarskynlik een jongman, was ons nuusblaaie en TV-skerms vol die afgelope week. Ontstellende beelde van dood en verwoesting, getraumatiseerde jongmense en 'n volk in rou. Dis ook nie aldag dat jy 'n konings-egpaar in trane sien nie! En amper teenstrydig hiermee, die mooi prentjie van plate blomme ter herinnering aan die wat gesterf het.
Hierdie gebeurtenis maak iets anders los in mens se gedagtes: dit is nie net fundamentaliste van Islam wat dodelik gevaarlik is nie! Hierdie soort fanatici kan dit ook doen onder die naam van Christelikheid. Hulle kan ook van enige ander godsdienstige oorsprong wees ... Joods, Boeddisties, ensovoorts.
Hierdie soort fanatisme is ook nie vreemd aan ons eie land nie, ook in die naam van mense se Christelike geloof!
Hierdie gebeure het my laat wonder oor ons verantwoordelikheid as gelowiges. Net 'n paar gedagtes:
Natuurlik het die Noorweë treurspel en die jongman wat daarvoor verantwoordelik was, nog ander fasette, waaroor baie gesê kan word.
Óns verantwoordelikheid begin by onsself en die rol wat o.a. Romeine 12 vers 2 in ons lewe speel: Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe." Dit sal verseker 'n invloed hê op my woorde en die manier hoe ek God se liefde voelbaar maak vir ander.
Vriendelike groete en seënwense.
Pieter Oosthuizen, namens die predikantespan.
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente