Dagsê


Hierdie Sondag het ons ’n paasviering in die oggenddiens. ’n Klompie lidmate poging om iets te probeer anders sê oor die verskil van Jesus 2,000 jaar gelede in ons mensgeskiedenis kom maak het.



Ons is baie bewus van die onsêbaarheid daarvan. Soos die seuntjie wat vir sy ma loop vra het: mamma, hoe is God rêrig. Julle sê Hy is hier, maar ek sien Hom dan nie. Ek kan nie dink hoe hy is nie. Wel, dis moeilik om God te beskryf, my kind, maar ek sal probeer verduidelik. Bring gou vir my twee glase water en die suikerpotjie. Toe sit die ma die twee glase water op die tafel langs mekaar en vra vir haar nuuskierige vyf jarige om in die een drie teelepels suiker te gooi en dan deeglik te roer. Toe die suiker helemal opgelos is, sê sy ma, proe nou elke glas na watter een vir jou die lekkerste smaak. Na hy geproe het, vra sy vir homn wat die verskil tussen die twee glase is. Wel, die laaste ene proe die lekkerste. Kan jy iets in die twee glase sien wat die een soeter as die ander ene laat lyk. Nee, maar ek kan dit proe.



Nou maar netso, my kind, kan ons Hom nie sien nie, maar ons proe sy soet hier by ons wees as ons bang of bekommerd is of as ons om ons kyk na alles wat Hy gemaak het. Ons sien God nooit nie, maar sy naby ons wees maak al die verskil.



Desmond Tutu het op ’n kol gesê: paasfees kom sê vir ons dat tenspyte van alles wat die teendeel wil bewys, God se wil vir ons sal seëvier, liefde sal sieëvier oor haat, geregtigheid oor ongeregtigheid en vrede oor uitbuiting
en bitterheid.


Groetnis


Johann Voges

Views: 63

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service