NG Lynnwood Gemeente

Kontak 10 September 2010 'n Formule vir Lewensgeluk

Deur die jare is daar al baie geskryf oor lewensgeluk. Elke nuwe boek bring weer 'n nuwe perspektief op 'n saak wat einlik baie wollerig is om te beskryf. Net die woord "geluk" beteken al vir mense verskillende dinge.

'n Goeie vraag is of die doel van die lewe lewensgeluk is, of dalk eerder sin in die lewe? As die lewe sinvol beleef word, sal daar tye van lewensgeluk wees.

In die boek "Happiness" wat ek dink die mees omvattende navorsing tot nou toe weergee, skryf Ed Diener dat verskeie aspekte wel 'n rol speel in ons lewensgeluk. Die rol van gesonde emosies, gesonde verhoudings, godsdiens en geld word deeglik ondesoek en beskryf.

Wat vir my egter een van die mees praktiese opmerkings is, is 'n formule wat hy op 'n plek vir geluk gebruik:
GELUK= WAT-EK-HET gedeel deur WAT-EK-WIL-Hê. Wiskundig beteken dit hoe groter die "hê", hoe kleiner die "geluk".

Dink bietjie oor die waarheid wat hierdie formule ontsluit. Sommige mense is ongelukkig met 'n sekere salaris, motor, huis, huweliksmaat, kind, werk terwyl daar ander mense is met dieselfde salaris, motor, huis, huweliksituasie, kind of werk en tevrede is; selfs gelukkig is.

Die honger om net altyd meer en groter en beter te wil hê is nie altyd net "mooi ambisie" nie. Die wrakke van menswees lê langs die pad in die offers wat mense bring om net die bokant van die formule te vergroot.

Dink weer bietjie oor waaroor jy ongelukkig is in jou lewe. Is dit nie dalk 'n geval te hoë verwagtings nie? Of dalk kan jy ten minste net fokus daarop om te waardeer en geniet wat jy het.

'n Vriend het 'n paar jaar gelede gesê hy gaan geen nuwe "speelgoed" vir homself aanskaf voordat hy nie dit wat hy het gebruik nie.

'n Groot deel van lewensgeluk gebeur in jou kop. Wees op die uitkyk wat daar gebeur.

Mag jy 'n wonderlike Lentetyd ervaar!

Immanuel van Tonder

NS Ons predikantespan gaan volgende week DV op jaarbeplanning.








Views: 5

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service