“If the only prayer you ever said in your life was “thank you” that would be suffice.” Meister Eckhart
In elkeen is daar 'n skatkis vol sigbare en onsigbare rykdomme. Die sleutel vir die skatkis is dankbaarheid! Dankbaarheid maak jou oë oop vir die rykdomme reg voor jou oë! Ons is baie keer op soek na iets anders, is ongelukkig met iets in ons lewens of soek net verandering. As jy egter met ander oë kyk na die gawes om en in jou, sal jy verras word met die nuwe lewessin en lewensgeluk.
‘n Noord-Amerikaanse gesegde sê: “If you see no reason for giving thanks, the fault lies in yourself.”
Maak tydjie vandag om bewus te raak waaroor jy kan dankbaar wees. Selfs die klein dingetjies. Skryf dit op, bid dit, sms dit, epos of bel!
Het jy al ooit gedink aan die onsigbare groot gawes soos vrede, vergifnis, liefde, aanvaarding, hoop, moed, verbeelding, droom, deursettingsvermoeë, wysheid, vertroue, energie en vele ander? Hierdie skatte is meer werd en hou veel langer as die sigbare skatte.
Haal die sleutel uit... Maak sommer nou die skatkis oop en word verras met wat jy vind! Leef dan jou dankie!
Groete
Immanuel van Tonder
0835406015
NS Onthou die Paasspel Sondag 9:00.

Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente