Liewe Vriende,
Soms voel mens onseker oor gebeure in jou lewe, of oor wat voorlê in vergaderings of oor wat jou werk of wat die dag sal oplewer, ens. Dan het ek al dikwels gehoor so 'n persoon sal vir vriende of familie sê: steek asseblief vir my 'n kersie op vanaand of brand vir my 'n kersie.
Ek dink dit het te doen met die feit dat lig, 'n brandende kers, my herinner aan Jesus Christus wat lig in my lewe is en my herinner aan sy teenwoordigheid in my lewe. In die Ou Testament lees ons van die kandelaar wat altyd moes brand in die tempel as teken van God wat by Sy kinders bly, dat Hy teenwoordig is. Sommige kerke, onder andere die Rooms Katolieke het 'n plek in die kerk waar jy jou kersie kan brandmaak tussen al die ander. Dit is dan teken van my gebed wat aan die teenwoordige God gerig word.
Ons het in Ierland, in 'n katedraal, op die volgende gebed, by so 'n gebedehoek, afgekom. Ek het een of twee veranderinge aangebring. Dis 'n haastige mens wat dit gebid het, maar die inhoud daarvan, gryp my aan en die woorde: brand vir my 'n kersie, het nuwe betekenis gekry.
MY PRAYER ON LIGHTING A CANDLE
Lord,
may this candle be a light
for you to enlighten me
in my difficulties and decisions.
May it be a fire
for you to burn out of me
all pride, selfishness and impurity.
May it be a flame
for you to bring warmth into my heart,
towards my family, my neighbours
and all those who meet me.
I place into your care
those I come to remember, especially ....
I cannot stay long here with you in your church,
in leaving this candle,
I wish to give you
something of myself.
Help me to continue my prayer
into everthing I do this day.
Amen
Sterkte en seënwense,
Pieter en Daleen
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente