Liewe vriende,
Ek het na ‘n snit van NAVIREDD se musiek geluister en opnuut verwonderd gestaan oor wat mens met jou stem, jou tong en mond kan regkry. Dis
aangrypend om te dink dat hierdie paar manne nie van musiekinstrumente gebruik
maak nie, maar instrumente namaak. Hulle slaag daarin om die wonderlikste
musiek te maak. Hulle musiek val dalk nie in almal se smaak nie, maar dat hulle
uitstekend is, is verseker waar.
Onthou hulle konsert is volgende week, die 26e Februarie om 19:30 in ons kerk. Sien die advertensie hieronder vir meer
inligting. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees, maar ons sal graag
wil weet hoeveel mense kom om vir genoeg verversings voorsiening te maak.
Bespreek jou plek by die kerkkantoor. Kom verseker en geniet ‘n heerlike kuieraand
saam.
Die jongmanne se gebruik van hul stemme, tonge en monde, het my laat dink aan die gawes wat die Here ons gee. Dalk
onthou julle dat ek verlede jaar in ‘n preek (en Kontak?) verwys het na ‘n
skildery van die skilder Maria. Sy het ‘n skildery gemaak van die voetwassing
in Markus 13 en daaroor geskryf: “Toe sê
Jesus: Vat wat ek jou gee en verander die wêreld. “
Die Here gee aan ons almal gawes. Wat maak ons daarmee? Ons almal het monde, tonge en stemme ontvang.
Jakobus skryf in Jak 3 oor die invloed van die tong en sê veral in vers 9: “Met die tong loof ons die Here en Vader, en
met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit
dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie.” Lees
gerus die hele gedeelte.
Kom ons onthou dat wat ons sê, het ‘n baie groter invloed as wat ons ooit kan bereken.
Ek gaan probeer om Maria se skildery op ons webblad by my blog te plaas. Gaan kyk gerus daarna.
Liefdegroete en seënwense.
Pieter en Daleen Oosthuizen
Jy is welkom om met ons kontak te maak by: pieter@oosthuizen1.co.za
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente