Het jy al ooit vir jouself die volgende vrae gevra:
- Wat is my diepste hartsverlange?
- Waarna smag ek na, die meeste van alles?
- Wat begeer my wese werklik?
Dié drie vrae klink eenvoudig, maar eintlik is dit vrae jou laat inboor in die grond van jou bestaan. As jy dan telkens dieper boor… deur nog ‘n laag begeerte, nog dieper na wat jy meer as die vorige laag na smag… waar kom jy uit?
Ons is soms bewus van ons fisiese-, finansiële-, seksuele-, verhoudings- en ander behoeftes. Maar as jy werklik vra waarna jy méér smag sal jy verras word waar jy uitkom! Vra telkens oor-en-oor: “Waarna smag ek nog meer?”
Ek wil jou nooi om op jou eie deur hierdie dieper boor proses te gaan. En wees rou-rou eerlik sonder veroordeling teenoor jouself… en jy sal verras word waar jy uitkom!
Moet net nie die lewe deurgaan sonder om jou diepste hartsverlange te ontdek nie!
Ps 63 stel dit so: Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U, soos in ‘n dor en droë land….U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys!
Mag jy aanhou boor tot jy die diep Fontein in jou ontdek!
Groete en beste wense
Immanuel van Tonder, 0835406015
NS Die Navi Redd konsert vind plaas op 28 Febr 2010 om 19:30 in ons kerkgebou! Hulle is Suid-Afrika se bekendste a capella groep. Onthou jy dalk die King’s singers? Dis die Suid-Afrikaanse weergawe! Kaartjies is by die kerkkantoor of na die dienste beskikbaar.
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente