NG Lynnwood Gemeente

Dagsê

Sommanet so 'n bietjie gewonder oor watter fonteine ek vir die 2011 langs die pad gaan nodig kry om in hierdie jaar ook die lewe te kan geniet... toe lees ek dat iemand onbekend eenkeer gesê het... ek het vir die Here so baie dinge gevra vir 2011 om die lewe te kan geniet. Toe het die Here vir my die lewe gegee sodat ek baie dinge kan geniet.

 

Maar proe sommer ook 'n bietjie aan hierdie paar bekertjies water wat ek by Langenhoven gekry uit sy boek, Ons weg deur die wêreld 1913...

Die slim man ken al die paaie, die wyse man ken die regte ene.

Jou ore is oop as jy dit nie aspris toemaak nie en jou mond is toe as jy dit nie aspris oopmaak nie... dit behoort vir jou 'n aanduiding te wees op die bedoeling en gebruik van elkeen.

Pasop vir die man wat sy oë altyd half toehou. Dis nie dat hy nie wil uitkyk nie, maar dis om te keer dat jy nie kan inkyk nie.

Hoe min mense sou te veel drink as die hoofpyn in die prop was in plaas van in die boom van die bottel.

Gedra jou net so sindelik onder jou eie mense as onder vreemdes, want jy het hulle respek langer nodig.

Vra vir die liewe Here om jou wysheid te gee en jy kan vir die ander dinge taamlik op jouself reken.

Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is, jou gelyke omdat dit jou plesier is en jou mindere omdat dit jou voorreg is.

Kleinserigheid is die voorkant van seerkleinigheid

Skat jou bekwaamheid te min om mee te spog en jou karakter te hoog om mee te speel. Op die manier sal jy jou selfrespek bewaar en die respek van jou ewemense verseker.

 

Groetnis

Johann Voges

Views: 2

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service