NG Lynnwood Gemeente

Liewe vriende,


Verlede naweek se paasspel was ‘n belewenis! Snaaks, met al die geoefen aan die stuk, het mens besef jy is met gebeure besig wat ons ingrypend raak, maar het nie toe besef hoe die verhaal van Jesus se verhoor en skuldigbevinding
jou emosioneel sou aangryp nie!



Die Gasvryheidsbediening se vroue het met die Paastee en die “opmaak” van koinonia rondom die
kruistema, ‘n wonderlike atmosfeer geskep. Baie dankie vir al julle moeite en
wonderlike kreatiwiteit.



Oor ons tema vriendskap in die boek Job ...


In aansluiting by verlede week se kontak: Job sê dus: wat vriende saambind is nie hul geloof nie, maar ‘n menslike medelye (compassion)
wat oorleef as alles anders wegval.



Waarom het Job gevoel sy vriende het hom verraai?



Job voel sy vriende voldoen nie aan die verwagtinge, wat hy aan vriende stel nie, daarom


· beskuldigings hu hulle van onbetroubaarheid in 6:15-20;
- dis darem érg as jy jou vriende
vergelyk met die onbetroubaarheid van water in ‘n droë spruit ... as jy ‘n
reisiger is, sien jy uit na die water, maar word net teleurgestel!
Lees
verseker die gedeeltes in die Bybel!


· hulle kon en het nie hulle trou aan hom
betoon nie, vgl Hos 6:6;


· daarom verwerp hy hulle as lafaards toe hul lojaliteit
getoets word, 6:21-23


· hy kon nie eers op hul “losserskap” (dat
hulle vir hom sou instaan en help om sy saak te bepleit) aanspraak maak
nie … 6:23, 24


Job daag hulle om eerlik te raak met hom in vers 24; hy verlang na reguit woorde, vers 25.


Maar hulle is só vasgevang, hulle wil eerder redeneer as empatie betoon.


Dit ontstel hom só en dis so verkeerd dat hy hulle oproep om integriteit te betoon 6:28-31, hulle te bekeer.



Volgende week sluit ek af met gedagtes oor sy behoefte aan bevrydende vriendskap, behoefte aan ‘n “Groot advokaat



Liefdegroete en seënwense.



Pieter en Daleen Oosthuizen


Jy is welkom om met ons kontak te maak by: pieter@oosthuizen1.co.za

Views: 1

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service