Dagsê
Kyk hierdie afgelope wintertyd waar jy mense hier in Pretoria gekry het wat nie jasse gedra het nie, was dit gewoon omdat hulle nie jasse gehad het nie. Ons is eintlik so bederf met Pretoria se gematigde klimaat dwarsdeur die jaar... maar hierdie winter het my weer bewus gemaak van seisoene. Soos die skrywer van Prediker sê.... om respek te hê vir die feit dat daar vir alles ’n bepaalde tyd / ’n geleentheid / ’n seisoen is om in te gebeur. Want as jy die bepaalde tyd / geleentheid / seisoen kan leer waardeer vir wat dit is, word jy ook bewus van God se onbepaalde tyd. Dat Hy eintlik in beheer is van die ritme van tyd en ook van my lewe. Prediker se raat hieroor... geniet dus elke oomblik daarvan as ’n geskenk uit die hand van God.
In die woorde van Milanie Vosloo, in die groot Boek van Christelike aanhalings volume 2, Christelike Uitgewersmaatskappy... seisoene is deel van die lewe en van ons harte. Ons almal ken op ’n manier herfs... tye wanneer ons op een of ander manier verlies ervaar en ons harte hope blare afgooi. Ons weet hoe swaar- en seerkry, eensaamheid en teleurstelling ons harte yskoud kan laat opvries in die wintertyd. Gelukkig ken ons ook die lekkerruik-vreugde van lente... tye wanneer ons opgewonde uitsien dat die bloeisels in ons lewe moet blom. Dis wanneer die droë takke van ons winterharte weer stadig aan die groen blaartjies van ’n nuwe lewe begin aantrek. En dan is daar die laggende sonksyndae wanneer ons harte die heerlike warmte van menswees sommer net geniet en ons waarlik vreugde ervaar.
Moenie jou winterdae omtel nie... laat elke dag in hierdie winter eerder tel !!!
Groetnis
Johann Voges
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente