Dagsê
Daar word vertel dat Abraham Lincoln op ’n stadium baie ontsteld en ontnugter was omdat hy as president magteloos gevoel het teen die onreg wat in Amerika net aanhou vererger het. Eendag sê hy toe vir een van sy vriende... ek wens so ek kan God blameer vir al die armoede, hongersnood en onreg hier in Amerika en sommer vir die hele wêreld s’n ook. Ek wens ek kan Hom vra waarom Hy dan niks daaraan gedoen kry nie. Nou, wat keer jou om dit te doen, wou die vriend weet. Wel, omdat ek bang is God vra dieselfde vraag dalk vir my ook.
Dis seker een van die moeilikste uitdagings vir enige mens om in die oë te kyk... hoe vat ek verantwoordelikheid vir wat in en om my eie lewe aan die gang is. As ’n mens klein is en veral in jou tiener fase... maak jy allerhande keuses en almal om jou moet verantwoordelikheid daarvoor vat en ook die gevolge daarvan dra. As ’n mens groot is, maak jy nog steeds allerhande keuses, maar jy moet self daarvoor verantwoordelikheid vat en ook van die gevolge daarvan dra. Toe iemand op ’n stadium vir Gandhi gevra het om die voorwoord te skryf in ’n boek oor menseregte, was sy antwoord... miskien moet ons eers ’n boek oor mense se verantwoordelikheid skryf voor ons oor menseregte of – voorregte iets kan sê.
Madeleine L’Engle1918 – 2007 ’n bekende Amerikaanse skrywer van fiksie stories bedoel vir jong volwassenes, het op ’n stadium gesê... die helfte van die wêreld sterf van die honger, die ander helfte is op een of ander dieet. Ons is nie in die bevoorregte groep omdat ons dit verdien nie, dis aan ons geskenk. Maar ’n voorreg wat aanvaar word, beteken dat jy die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan ook sal aanvaar.
Groetnis
Johann Voges
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente