NG Lynnwood Gemeente

Liewe Vriende,

Ons word dikwels op verrassende maniere herinner dat die Here se teenwoordigheid in ons lewe 'n werklikheid is. Pieter de Waal het toegestem dat ek sy ervaring met julle kan deel.

Hy moes 'n tyd gelede 'n baie groot operasie ondergaan. Dit sou ongeveer sewe uur lank duur. Baie gaan deur mens se gedagtes voor die tyd ... onsekerheid oor die uitkomste en die toekoms. Ons het tydens my kuier, voor die operasie, onder andere gesels oor die feit dat die Here sy kinders vashou en dra, dat Hy elke oomblik by ons is - ook in die teater en intensiewe sorg.

Hy vertel dat toe hy, na die operasie, begin bewus word van wat rondom hom gebeur in intensief, het dit gereeld gevoel of iemand hom met 'n stewige greep aan sy arm vat en vashou. En hy het onthou waaroor ons gepraat het. Dit het gevoel of die Here hom vashou. Hoe meer hy begin bykom, besef hy toe hy voel die bloeddruk apparaat wat elke uur sy bloeddruk meet!
Daarna het die bloeddruk apparaat hom elke uur, 24 keer elke dag herinner dat die Here hom vashou!

Toe hy my die storie vertel tydens 'n besoek na sy ontslag, het ek hom vertel dat sy ervaring my laat dink het aan koning Dawid. Toe hy op 'n dag sit en dink oor wat God in sy lewe beteken, toe dink hy aan sy dagtaak: skape oppas en wat hy hy as herder doen vir sy skape. Toe skryf hy Psalm 23, want dis wat hy ervaar van God in sy lewe.

Dalk kan jy en ek ook iets in ons alledaagse kry wat ons gereeld herinner aan God se betrokkenheid in ons lewe?

Mag die Here jou seën.

Liefdegroete,

Pieter en Daleen.

Naskrif: Bid asseblief vir Pieter. Hy is ernstig en ontvang op die oomblik chemoterapie.

Views: 3

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service