Geliefdes
In die laaste paar maande het ek weer heelwat te doen gekry met lidmate wat met my gesels oor bindinge (demone?). Na hierdie gesprekke, is my afleiding die volgende:
* gelowiges se ervaring van bindinge gaan gewoonlik gepaard met skoonmaak: verwyder CD's; verbrand boeke en in sommige gevalle ook Persiese tapyte en skilderye;
* sou iemand 'n binding raaksien, is dit gewoonlik deurdat die Heilige Gees met so persoon kommunikeer het. Volgens so siening praat die Heilige Gees meer met mense wat bindinge kan waarneem as met ander gelowiges. So inspraak van die Heilige Gees hoef nie deur die Bybel of ander gelowiges kontroleer word nie;
* gesprekke rondom bindinge lei gewoonlik tot spanning in huishoudings en families;
* gelowiges wat bindinge (demone) raaksien, is dikwels van effens beter geestelike stofasie as gewone lidmate;
* die Bybel word erg selektief en buite konteks aangewend om 'n binding te bewys.
Laat ek probeer om die saak reg te stel:
* wanneer ek 'n kind van God is, kan demone / duiwels my nie beheer nie. Hoekom nie? Want Jesus se bloed het my vry gemaak. Die Heilige Gees is die waarborg daarvan en die Heilige Gees is in al God se kinders.
* 'n voorwerp kan dus nie deur demone beset word nie. Die skildery in jou huis kan dus nie 'n binding "besit" nie.
Leef hierdie week as vrygemaaktes Christus se liefde uit.
Groete, Peet van Pretoria
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente