Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak 26 Februarie 2010 Geestelike hoogtepunt of dieptepunt?

Tydens die belydeniskamp vra ‘n paar kinders hoe mens dit kan regkry om altyd op ‘n “geestelike high” te kan bly. My eerste reaksie was: “Ek dink nie ons moet op ‘n geestelike ‘high’ leef nie, maar eerder ‘n geestelike ‘low’! Ek bedoel daarmee ‘n geestelike diepte eerder as hoogte!”

Die soeke na geestelike hoogtepunte is baie keer maar net ‘n gesoek na positiewe emosies of streeling van die ego. As emosies van spanning, moegheid, vrees, hartseer, verlange en ander oor ons kom, jaag dit die positiewe emosies weg. Dan voel mense hulle is nie meer op ‘n geestelike “high” nie en God voel ver.

Die Evangelie werk egter andersom, soos water wat altyd vloei na die laagste punt, vul die teenwoordigheid van God ons van ons diepste wese af. Daarom is geestelike diepte eerder iets waarna ons kan streef.

Geestelike diepte is ‘n diep bewussyn van die Liefdevolle God by ons wat sterkter is as ons dade, emosies en situasies! Sy teenwoordigheid skep ‘n diep vrede en vryheid te midde van lag of traan, dit gee hoop in die hoogte- en laagtepunte van die lewe, en diep ‘n vreugde in ons diepste hartseer.

Die Teenwoordige se diep Vrede, Vryheid en Vreugde is nie maar net ‘n “pie in the sky nie”. (Rom 5:1-11) Gelowiges ervaar dit te midde van soms onmenslike uitdagings. Ek sien dit daagliks in ons lidmate!

Ek nooi jou om jouself oor-en-oor te herinner dat God diep in jou is, terwyl jy in 'n ry staan en wag, bestuur, eet, kuier, TV kyk, werk en speel! Die bewussyn van God in jou is die bron van ‘n 24/7 Christenwees lewe.

· Vrydagaand 26 Feb 2010 tree Navi Redd om 19:30 in ons kerkgebou op. Kaartjies by die kerkkantoor of deure. Kyk hier na die A Capella groep in aksie! http://www.youtube.com/watch?v=83U6L93g6Ek

Beste Wense

Immanuel van Tonder, 0835406015

NS Sondagoggend vier ons die Nagmaal. Bring jou honger en dors na die diens en word gevoed en verkwik!

Views: 55

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service