NG Lynnwood Gemeente

Liewe vriende



Ek wil die volgende twee of drie Kontakte gebruik om ‘n paar gedagtes oor vriendskap met julle te deel.



Die Hollanders het ‘n sêding: “Broers is so ‘n mooi woord, net jammer hulle is nie altyd vriende nie.”



‘n Duitse teoloog, Jürgen Moltmann vra na aanleiding van 1 Johannes 1: hoe dit sal wees as christelike gemeenskappe of gemeentes hul nie langer beskou as ‘n gemeenskap van gelowiges
of ‘n gemeente van heiliges nie, maar as ’n gemeenskap van vriende ...


hy sê … dan sou hul mense dalk makliker laat tuisvoel;


regkry om hul eksklusiwiteit teenoor anderstes te deurbreek;


en gereed wees vir vriendskap met die vriendeloses!”



Dit lyk my ons kan nogal baie te wete kom oor vriendskap uit die boek JOB. Hy sê:


Al broers wat ek het, is jakkalse en al vriende wat ek het het, is volstruise” . Job 30:29



Die prentjie wat die digter van Job teken, is van iemand wat gestroop is van menslike lojaliteit, ontnugter is deur tradisionele waardes en godsdiens en wat ‘n begeerte het na
die ware mening van lojaliteit (hesed)
onder vriende. In ‘n sekere sin wil hy ons iets leer van ware “compassion” (nahamah), dié deug, onder vriende.


Die soort vriendskap waarvan hy praat, is radikaal, is ‘n menslike verbond, het ‘n besondere lojaliteit en is ‘n bevrydingsproses.



Die “bediening” van vriendskap in Job, word nie beoordeel in die lig van ons vermoë om God se weë te verduidelik of die leer oor God te verduidelik nie, maar word beoordeel deur ons
vermoë om by ‘n verstote, vervreemde mens te staan ten spyte van teenstand en
om ten alle koste in daardie persoon te glo.


Radikale vriendskap beteken om nieteenstaande aanvaarde norme, daardie persoon se saak na ‘n hoër hof te neem, selfs ‘n hemelse raad.



Die tradisie van vriendskap


Job se goeie vriende word voorgestel in 2:11-13.


In die OT is vriendskap op verskeie maniere en vlakke beleef.


Die term vriend kon verwys na :


· ‘n raadgewer/vriend van ‘n koning – 1 Kron 27:33


· ‘n buurman of stamgenoot – Lev 19:15-18


· ‘n naby metgesel – Deut 13:6 of ‘n medemens.


‘n Vriend is geken aan sy lojaliteit – Spr 18:24 en hy was iemand van hesed , lojale liefde en getrou.



Die 3 vriende tref spesiale reëlings vir die besoek en om die verpligting van hulle vriendskap na te kom – empatie. Die band tussen hulle en Job is só sterk dat hulle hulle
families agterlaat en vir die tyd van Job se teenspoed by hom staan. Hulle is
Job se tydgenote en huil in empatie oor sy omstandighede (vgl van 1:20 ev.)
Hulle identifiseer met sy smart en kry genade om vir ‘n tyd lank niks te sê
nie.



Volgende keer meer oor die soort vriendskap. Dalk het die waarhede oor vriendskap tog baie vir jou en my te sê?



Ek het tot dusver gesukkel om Maria se skildery op die web gelaai te kry. Ek gaan nou hulp inroep.



Onthou NAVIREDD môre-aand. Moet dit nie misloop nie!



Liefdegroete en seënwense.



Pieter en Daleen Oosthuizen



Jy is welkom om met ons kontak te maak by: pieter@oosthuizen1.co.za

Views: 0

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service