Dagsê
Jakobus was toentertyd van mening dat 'n mens bly moet wees elke keer as jou geloof getoets raak (die ou Afrikaanse vertalings het dit vertaal met... as daar beproewinge / versoekings oor jou pad kom), omdat dit goed vir jou geestelike lewe is. Want, sê Jakobus... die slegte dinge wat met jou gebeur, toets of jy werklik die Here vertrou. As dit met jou sleg gaan, leer jy juis om nader aan die Here te leef, want so groei 'n mens om naderhand 'n geestelike grootmens te raak wat weet hoe om in elke situasie reg op te treeJakobus 1:2 – 8 uit Die Boodskap.
Die maklikste hierin is gewoonlik om vir ander mense te sê wat hulle met versoekings in hul lewe moet maak... maar wat maak ek met die veroekings wat oor my pad kom. Iemand anders het gesê... versoekings is soos boemelaars... behandel een goed en volgende keer bring hy al sy vriende ook saam. Of soos die storie wat vertel word van hierdie gesin wat hul hond geleer het om elke dag die man se middagete vir hom werktoe te vat. Elke dag het die hond presies gedoen wat hy geleer is, al was al die lekker geure wat uit die mandjie gekom het vir hom 'n groot beproewing. Die ander honde in die buurt het gou die reuk opgetel en probeer om die kosmandjie gesteel te kry, maar kon dit nie regkry nie. Op 'n dag het die hele buurt se honde saamgestaan en die hond met die kosmandjie ingewag. Hy het probeer weghardloop maar dit het nie gewerk nie. Toe stop hy en besluit om eerder, intelligente hond wat hy is, die saak met die ander honde uit te redeneer. Hy het probeer om hulle te oortuig dat dit eintlik sy baas se kos is en hoe die gesin hom met hierdie middagete vertrou. Dis toe net hier waar hy die fout maak, almal het wel na sy redenasie geluister maar 'n paar het hom toe oortuig van enige hond se behoeftes en regte. Dit het hom toe so belaglik laat voel dat hy die kosmandjie laat val het en homself gehelp het met die grootste stuk vleis daarin. So in sy wegdraf het hy toe vir die ander geskree om die res maar onder mekaar te verdeel. Vir honde lyk dit vir my, netsoos vir mense, geld die goeie raad... moenie stop om met versoekings te argumenteer nie.
Die grootste uitdaging in enige versoeking bly seker maar op die ou end wat Jakobus gesê het... hoe ek dan die Here vertrou. Die moeilikste versoeking is nie die ene wat van buite af kom nie, maar daai ene wat hier binne in my opstaan.
Groetnis
Johann Voges
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente