Liewe Vriende



Job se belewenis was dat sy vriende hom in die steek gelaat het. Hulle het hom nie in sy swaarkry hoor worstel met die vraag: “hoe moet mens God verstaan in sulke swaarkry,” en
“waar is God” nie. Hulle het wel reggstaan met ‘n klomp antwoorde wat Job net
verder van hulle af weggestoot en moedeloos gemaak het.



Hy het gesoek na ‘n ideale vriend wat nie net kon empatie betoon aan mens nie, maar ook die gaping tussen God en mens kon oorbrug en vir hom kan intree by God. Sy “advokaat” kon
wees. Iemand wat kan identifiseer met Job en sy se saak by God kon bepleit.



Job se verlange na iemand, na so ‘n vriendskap, om saam met hom te staan teen die aanslae van die Almagtige kry mens in die sg. “bevrydersdele”
- Job 9:32-35; 16:18-22 en 19:21-27.


Sy eensame isolasie word beklemtoon in – 30:29


Al broers wat ek het, is jakkalse en al vriende wat ek het het, is volstruise” .



Op die ou end blyk dit, wanneer mens kyk na die laaste hoofstuk van die boek, dat hy dié vriend, húlle vriend was ... en hulle het dit nie geweet nie!



Dit is nie maklik om só ‘n vriend te wees nie. Dit vra dat mens GOED luister, jou probeer inleef in so ‘n persoon se situasie, dit probeer verstaan, sy pyn help dra en dikwels
woordeloos saam met die persoon op reis gaan. Dit maak dikwels seer en
konfronteer jou met jou eie opvattings.



Een ding is egter seker: as jy, soos Job se ”vriende”, ten alle koste wil vashou aan jou eie oortuigings en nie dat bevraagtekening jou uitdaag nie, gaan jy nie verander nie, nie groei nie en vassteek in jou geloof. Jou
belewenis en siening van God verander alleen as jy, soos hy, bereid is om vrae
te vra, te worstel.



Liefdegroete en seënwense.



Pieter en Daleen Oosthuizen

Views: 68

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service