Kontak 26 Maart 2010 Stap die innerlike Via Dolorosa

Paasfeestradisies verskil van kultuur tot kultuur. Sommige verf eiers, ander hang paaskranse op, party steek kerse aan, sommige kulture dra klere wat pas by dié tyd, ander steek paaseiers weg, sommige eet paasbolletjies, ander eet weer hope sjokelade-eiers, daar is dié wat kerk toe gaan en ander wat dit net rustig vat.

Die vraag is egter: wat maak jy om die ryke betekenis van die tyd te ontgin? Eintlik is hierdie tyd die hoogtepunt in die Christelike jaar! Ons dink terug aan Jesus se lyding, dood en opstanding. In hierdie boodskap van sterf en lewe is die Beste Nuus van alle tye opgesluit. Maar jy moet jou ore en oë, ja jou hele wese oopmaak om die rykdom daarvan te begryp en daardeur aangeraak te word.

Dink so bietjie na hoe jy deur ‘n paar praktiese hulpmiddels herinner kan word aan die tyd waarin ons is. Wil jy nie dalk oorweeg om ‘n kruis te dra, of ‘n kruis in jou huis op te sit, of jou rekenaar se agtergrondskerm iets van pase te plaas of dalk net ‘n kleur lap erens te tooi nie?

Natuurlik gaan dit op die ou end oor wat binne jou gebeur. Die uiterlike rituele en tradisies is uitnodigings om jou innerlike Via Dolorosa te stap tot by die kruis. En dan weer die vernuwing van die Lewe wat in jou opstaan te ervaar.

Mag Paastyd diep verrykend wees.

Groete en geseënde Paasfees!

Immanuel van Tonder

Views: 237

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service