Dagsê
Oral dra die bome en lamppale nog die letsels en flenters van 'n munisipale politiek gegeurde verkiesing wat verby is... by party plekke het baie verander en by ander plekke het alles dieselfde gebly. Die groot vraag hiervandaan is nie wie watter stoele waar in die munisipaliteitshiёrargieё volsit nie, maar hoe elkeen van ons 'n verskil gaan probeer maak in ons eie omgewing. Want ongelukkig werk dit so in enige politieke verkiesings soos Winston Churchill al in sy tyd gesê het... politieke vermoё is die kuns om te voorspel wat môre gaan gebeur – volgende week en volgende jaar. En om dan die vermoё te hê om ná die tyd te verduidelik hoekom dit nie gebeur het nie. Of soos Charles de Gaulle van Frankryk, gesê het... omdat 'n politikus nooit glo wat hy / sy self sê nie, is hul altyd verbaas as ander dit doen. Izak de Villiers het op 'n dag gesê... ek het op my dag uitgevind dit is maklik om jou te vervies vir die politiek, maar dis bevrydend om daaroor te begin lag.
Hoekom sê ek dit, tong in die kies... nie om enige politici af te kraak of sleg te sê nie. Daar’s wonderlike eerbare hardwerkende mense onder hulle, maar die punt wat ek probeer maak, is die vraag... wat maak ek en jy noudat die munisipale verkiesing verby is. Wat is my verantwoordelikheid in die straat waar ek woon.... die voorstad waarin ek bly of waar ek werk en speel. Hoe kom ek die verkeersreёls na as niemand my uitvang nie... hoe sorg ek dat dit skoon is en bly waar ek op straat of iewers in die dorp is sodat dit nie nodig is dat iemand anders agter my moet opruim nie. Hoe spaar ek elektrisiteit en water... al kan ek betaal om meer te gebruik. Hoe hou ek op mors met die omgewing... en watter verskil kan ek in die gemeenskap maak waar ek elke dag is.
Is dit nie wat Paulus bedoel in 2 Timoteus 21 – 4 ... die eerste ding wat ek vra, is dat julle vir almal moet bid. Vra dat God almal moet help met wat hulle nodig het en sê vir God daarvoor dankie. Dit maak nie saak of dit die belangrikste persoon in die regering is en of dit sommer ’n gewone polisieman is nie, bid vir elkeen wat moet sorg dat alles goed gaan in die gemenskap. Julle sal die vrugte daarvan pluk, want julle sal dan in rus en vrede julle gang kan gaan en kan leef soos God wil hê julle moet leef. So hoort dit en so hou God, wat ons gered het, daarvan. God wil hê alle mense moet na Hom toe kom en by Hom leer wat waar is.aanhaling uit Die Boodskap vertaling, CUM Boeke.
Sterkte en seёn met jou eie munisipale verantwoordelikheid en voorbeeld wat jy moet stel !!!!
Groetnis
Johann Voges
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente