NG Lynnwood Gemeente

Liewe vriende,

Daleen en ek vertrek Donderdag (26 Aug) met verlof en ek sal die 10e September weer op my pos wees. Ek sal dus nie self 'n kontak uitstuur in die tyd nie. Julle kan met enigeen van die kollegas skakel, indien julle hulp nodig het.
Aangesien die predikante besig is met die jaarbeplanning vir 2011, van 13-17 September, vertrek ek reeds die 12e om die plek waarheen ons gaan, reg te kry en die kosaankope vroeg die Maandagoggend te doen. Die span is die aand van die 17e weer terug in die gemeente. Doen gerus vir ons voorbidding in die tyd.

Die volgende teken is teen een van die mure van die kinderhuis, waar moeder Teresa gewerk het, in Kalkutta, te vind. Dit laat mens nogal dink aan wat die Here Jesus, en later Paulus, gesê het oor ons optrede teenoor mense in die algemeen. Dis seker makliker gesê as gedoen, maar neem nie ons verantwoordelikheid weg om so te leef nie. Harde werk, maar met verstommende resultate wanneer ons dit uitleef in ons getuienis.
















ANYWAY



People are unreasonable, illogical and self-centred,


LOVE THEM ANYWAY


If you do good, people will accuse you of selfish, ulterior motives,


DO GOOD ANYWAY


If you are successful, you win false friends and true enemies,


SUCCEED ANYWAY


The good you do will be forgotten tomorrow,


DO GOOD ANYWAY


Honesty and frankness make you vulnerable,


BE HONEST AND FRANK ANYWAY


What you spent years building may be destroyed overnight,


BUILD ANYWAY


People really need help but may attack you if you help them,


HELP PEOPLE ANYWAY


Give the world the best you have and you’ll get kicked in the teeth,


GIVE THE WORLD THE BEST YOU’VE GOT ANYWAY



Laat mens dink, né?


Maak seker dat julle by die kunsteweek en ook die "Musical" uitkom! Lees meer daaroor op die webblad en die afkondigings. Hou ook die plakkate by die kennisgewingsborde van die kerk dop.


Tot ons weer per Kontak praat ...


Vriendelike groete


Pieter en Daleen




Views: 0

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service