NG Lynnwood Gemeente

Ek was die naweek by 'n kursus waarin die aanbieder haarself elke nou-en-dan onderbreek het om ons te vra om bewus te raak van hoe diep ons asemhaal! Die kwaliteit van ons asemhaling is baie keer 'n goeie aanduiding van hoe dit met jou binnewêreld gaan.

Let byvoorbeeld op wat gebeur in tye van spanning: ons asemhaling raak oppervlakkig en vinniger. Omdat mense in ons samelewing geduring onder spanning verkeer, word dit 'n gewoonte om oppervlakkig asem te haal. Dieselfde gebeur wanneer mens kwaad word; jou asemhaling word vinnig, meestal ook saam met jou hartklop!

Let ook op ons natuurlike genesingsaksies deur te sug of gaap! Sug is uiting van iets diep wat vrygelaat word. Gaap is 'n aanduiding van vlak asemhaling soms agv moegheid of spanning.

Dit kan jou baie help om net 'n bewussyn van jou asemhaling te ontwikkel. Hierdie bewussyn kan 'n getuie word van wat in jou binnekant gebeur.

Gelukkig is daar ook 'n omgekeerde invloed. Wanner jy bewustelik fokus om met 'n gesonde regop postuur dieper asem te haal, kan dit selfs spanning en woede laat wegsyfer.

Probeer dit sommer nou net waar jy sit... Raak bewus hoe diep en goed die kwaliteit van jou asemhaling is. Haal dan bewustelik dieper asem sodat jou diafragma (naby jou maag) as't ware gevul word met suurstof. Voel hoe elke uitaseming sommer jou stres, woede of hartseer saam uitasem. SUG! Met elke inaseming, raak bewus van die Gees (ook vertaal as ASEM), wat jou "vul".

Hierdie basiese oefening kan op enige plek gedoen word! Terwyl jy bestuur, net voor jy 'n moeilike gesprek het, as jy nie aan die slaap kan raak nie, of woedend is; haal bewustelik diep asem met 'n bewussyn van God.

Ek nooi jou uit om êrens by jou lessenaar en in jou motor 'n papiertjie te los waar jy jouself aan die geestelike oefening herinner.

Asem nou diep in!!! en uit!!!

Beste wense
Immanuel van Tonder



Views: 2

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service