NG Lynnwood Gemeente

Liewe Lidmate
Die sand loop uit… Korreltjie vir korreltjie loop die sand uit 2009. Die leë uurglas dra in sy baarmoeder die verwagting van die nuwe wat kom. Ons vier nou Avent wat iets van hierdie verwagting verwoord. Advent is ‘n roep, smag en verwagting van die koms van Jesus wat die nuwe lewe bring.

Hierdie diep smagting na God se se vervulling en koms in ons is so belangrik. Dis goed om bewus te wees van hierdie diep honger na God en sy verkwikking. Hoe dors is jy nou na God? Het jy nie ook ‘n diep begeerte dat Hy jou sal deurstroom met sy lewegewende water nie? Voel jy ook die jaar aan jou lyf en jou siel?

Moenie te vinnig Kersdag toe nie! Advent help ons om met diep afhanklikheid en regte ingesteldheid die God van Kersfees te ontmoet. Advent maak ons werklik ontvanklik sodat ons God tot in ons diepste wese toelaat om die duister met sy lig te verdryf.

My uitnodiging dus aan jou is om in hierdie tyd na binne te grawe en aan te hou grawe, tot jy die diep fontein vind wat in jou is… Jesus wat in jou lewe.

Laat elke korreltjie tel tot by die laaste! Die nuwe lewe is aan die kom!

Groete en beste wense
Immanuel van Tonder

Views: 1

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service