NG Lynnwood Gemeente

Dagsê


Soms moet ’n mens hoor dat iemand vir jou sê – jy praat so hard / aanhoudend / baie, dat ek nie eintlik kans kry om te sien wat jy nou eintlik doen nie. Die teendeel is ook waar – ’n mens kan so hard doen / besigwees, dan g’n mens meer kan hoor wat jy te sê het nie. Soos die ou wat sy vriend op straat raakloop en vra – jong, ek het jou lanklaas gesien hoe gaan dit met jou. Dankie, dit gaan met my baie goed. Wel, vertel dit vir jou gesig ook.


Daar word ’n storie vertel wat met Thomas Jefferson, ’n eertydse Amerikaanse president gebeur het toe hy en ’n aantal metgeselle op ’n dag te perd iewers heen oppad was. Hulle kom toe by ’n rivier aan wat sy walle oorstroom het en die brug weggespoel is en al manier was dat elke ruiter sy perd op sy eie moes begelei om die rivier oor te steek. Daar is toe ’n voetganger, wat nie deel van die geselskap is nie, wat toekyk hoe elke ruiter dit die rivier in waag en sukkel om tot anderkant te kom. Op ’n kol vra hy toe president Jefferson of hy hom sou toelaat om saam op sy perd se rug te ry tot anderkant toe. So gebeur dit dan ook en toe hulle veilig anderkant kom en hy van die perd afklim, vra iemand uit die geselskap vir hom – sê, my hoekom het jy gekies om juis by die president hierdie guns te vra. Die man was geskok. Ek het nie geweet dis die president self wat my gehelp het nie. Al wat ek weet, is dat daar anderkant het op sommige van julle gesigte duidelik ‘nee’ geskryf gestaan en op party s’n ‘miskien’, syne was die enigste ‘ja’ gesig.


Iemand het eenkeer gesê... ek en jy skryf ’n hoofstuk in ons elkeen se lewensboek, ’n hoofstuk of twee per dag deur alles wat ek sê, wat ek doen, hoe ek lag, met ander mense werk ens. Min lees nog die Bybel vandag, dit moet ons weet. Al wat hulle nog sien is die Bybelse boodskap in my en jou lewe van elke dag.


Groetnis


Johann Voges

Views: 1

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service