Die wêreld waarin ons leef is baie gesteld op feite, denke, statistieke en duidelike antwoorde. Ons wêreld bestaan egter uit meer as net denke; daar is oa ook die emosionele, spirituele, estetiese en sosiale. Iemand wat dus net die intellek ontwikkel word ongebalanseerd en verloor die volle rykdom van menswees.
Die kunste bied ons toegang tot die ander rykdomme van menswees. Deur na goeie musiek te luister besoek jy die wêreld van emosie en verhoudings. Kunswerke skep in jou 'n nuwe realiteit. Koskuns leer jou om die rykdom in eenvoud te ontdek. Filmkuns neem jou op 'n reis waar jou eie verhaal met die film s'n versmelt en laat jou anders agter.
Ons gemeente doen nie die kunsteweek twv die kunste nie, maar omdat die kunste 'n poort oopmaak na ander wêreld. Skilderye, musiek, fotos, koskuns
ensv kan ‘n spirituele rol in ons lewens speel as ons met ‘n oop bewussyn leef. Ons wil by die kunsteweek hierdie bewussyn oefen.
Loop deur jou huis of kantoor... Kyk wat die omgewing en kunswerke sê. Die plasing van jou meubels en kunswerke het 'n invloed op jou. Dalk is dit tyd vir innoverende herrangskikking. Of dalk moet jy oorweeg om n mooi kunswerk of plakkaat erens op 'n fokuspunt te plaas.
Die Here raak ons aan op verrassende maniere. Ek nooi jou om aandag te skenk aan die Boodskappe wat deur die kunste na jou toe kom.
Beste wense vir 'n kreatiewe week!
Immanuel van Tonder
NS As jy dalk nog 'n skildery deur enige kunstenaar kan bring vir ons uitstalling sondag laatweet asb vir Lindy
Jordaan by 0724614022
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente