NG Lynnwood Gemeente

Liewe Lidmate
Twee mense stap die straat af… Die een sien die asblikke wat nog nie leeggemaak is nie en die oom wat lanklaas gras gesny het. Die ander sien ‘n nuwe pragtige geel blommetjie wat tussen die ongesnyde gras blom en besef dat dit goeie idée is om jou asblik te merk soos dié mense. Toe hulle aan die einde van stappie kom, voel die een uitgeput en die ander verfris.

Elke dag deel ons die lewe met soveel mense. Jy kyk in jou man/vrou se oë, gesels met jou kinders, eet saam met vriende en familie of loop ’n vreemdeling op straat raak. Wat sien jy? Sien jy net dit wat verkeerd is, of sien jy hulle drome, potensiaal en die prag in hulle menswees?

Interessante navorsing van John Gottmann vertel dat daar in ‘n gesonde huwelik daar ten minste 5 positiewe interaksies moet wees vir elke negatiewe interaksie. Teenoor kinders moet die hoeveelheid positiewe interaksie ook beduidend meer wees as die negatiewe opmerkings (Soos aangehaal in die boek Happiness, van Ed Diener)

Hierdie manier van kyk is waar vir alles in die lewe! Hoe gaan jy die volgende maand tegemoet? Laat die Here toe om jou “sig” te vernuwe. Kyk na kerse en kersversierings met nuwe oë! Sien die wondermooi kwasstrepe van God in die wolke, luister na musiek en laat God daardeur jou siel voed. As jou hondjie op jou skoot spring, ontvang sy liefde met waardering en dankbarheid.

Hoe die volgende maand gaan lyk, hang grotendeels af van hoe jy gaan kyk. Selfs al wissel dan ook dan en nag, selfs in die nag sal jy God se lig en warmte kan sien.

Sondag 9:00 is dit die oggendkerssangdiens. Trek iets wit aan en kinders bring ‘n toegedraaide koppie met lekkers in.

Ons gaan met verlof van die 6de Desember tot die 23ste. Geseënde feestyd vir julle almal!

Groete
Immanuel van Tonder

NS So ‘n uur nadat ek die bg kontak geskryf het, ek ons gery en is verras deur die asemrowende verfkwas van God! Kyk die kleure! Ek het dit met my selfoon afgeneem. En twee ure later het die maan met fanfare opgekom! Hou jou oë oop vir die wonderwerke…

Views: 0

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service