NG Lynnwood Gemeente

Liewe vriende


Ek het in die vorige Kontak begin om ‘n paar gedagtes oor vriendskap met julle te deel na aanleiding van die boek Job. Indien jy dit misgeloop het, gaan kyk gerus op ons webbladsy, by my “blog”
daarna.



Die “bediening” van vriendskap in Job, word nie beoordeel in die lig van ons vermoë om God se weë te verduidelik of die leer oor God te verduidelik nie, maar word beoordeel deur ons
vermoë om by ‘n verstote, vervreemde mens te staan ten spyte van teenstand en
om ten alle koste in daardie persoon te glo.

Sy vriende het “afgevat” om by hom te wees, het ons laasweek gesê. Toe hulle begin praat, lyk dit of Job se probleme en seer net groter geword het...



Enkele gedagtes uit Job 3 tot 6 oor vriendskap...


As Job die stilte verbreek en sy geboortedag begin vervloek (Job 3), begin sy vriende God verdedig, asof die Here nodig het dat ons hom verdedig!


· Ewe skielik word Job, deur die skrywer van die boek, nie meer geteken as die
geduldige nie, maar die woedende slagoffer van ‘n tragiese realiteit.


· Die vriende word geteken as verdedigende voorstanders van die ou bekende, ortodokse geloof.



Toe Job ‘n vriend nodig gehad het, word hy gekonfronteer met teoloë; toe hy smag na simpatie, word hy leerstellings gevoer. As ek weer hierna kyk, slaan die seer in my op
... is dit nie hoe ons soms in die kerk met mekaar maak nie?



Elifas se openings-toespraak, is ‘n goeie voorbeeld daarvan.


Elifas wend geen poging aan om Job se wêreld van smart en twyfel te betree nie, hy verstaan niks van empatie nie, hy konfronteer Job met die waarheid van die tradisionele
geloof, ten spyte van Job se pyn.



Job se reaksie in hf 6 oor die verraad van sy vriende , is dan verstaanbaar.


Die openingsklag in 6:2-4 – sê hoe hy sy lyding sien en dat hy voel die Almagtige is teen hom.


Sy vriende gee niks meer as tradisionele advies nie, hulle het reseppies oor hoe God werk, hulle het eenvoudige verklarings. Dít is en
was nog nooit troos nie!



Hy smag eintlik na “compassion” en hoop (vgl 8-9). Kry hy dit nie, s hy, sou die dood dan selfs ‘n vriend wees (10).




Job se hulpelose klag is eintlik ‘n pleidooi vir ‘n vriend wat hom kan help om sy smart te dra.


Hy het die soort vriend van vers 14 nodig – ‘n radikale vriend. Volgende keer meer hieroor.



Liefdegroete en seënwense.



Pieter en Daleen Oosthuizen



Jy is welkom om met ons kontak te maak by: pieter@oosthuizen1.co.za


Views: 1

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service