Kontak 5 Maart 2010 Kaalvoet in die Katedraal

Soms het mens net ‘n saadjie nodig om verrassende waarhede te ontdek. Na ‘n opbouende epos gesprek het my gedagtes al meer gedraai oor die betekenis van die “skeur van die voorhangsel” met Jesus se dood.

Die tabernakel en ook die tempel het ‘n deel gehad wat die allerheiligste genoem is. Hierdie area was net toeganklik vir die hoë priester. Toe skeur die voorhangsel en die allerheiligste vul nou die wêreld! Jesus breek die skeidsmuur af en die wêreld word God se katedraal!

Hierdie waarheid het my diep getref. Terwyl ek besig was om te draf, het ek besef ek draf in God se katedraal, ek werk in my studeerkamer in sy katedraal, my sitkamer word kerk, my motor ‘n heilige plek en elke sentimeter word heilige grond van die Teenwoordige! Die veld word ‘n boskatedraal!

Ek dink weer aan die kruise wat hang in my studeerkamer, slaapkamer en op die stoep en besef… dis Katedraal wêreld dié! Die kerse wat Monika so gereeld aansteek is die kerse wat herinner dat dié stukkie ruimte gevul is met God self.

Laat ons kaalvoet lewe omdat ons op heilige grond loop!

Beste Wense vir die Week!

Immanuel van Tonder

0835406015

Views: 197

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service