Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak: Die Groot Bevryding!

 

Daar is een enkele proses wat jy kan deur gaan wat jou lewe radikaal positief kan beïnvloed!  Jou unieke karakter sal kan blom om die lewe dieper en ryker as ooit te beleef.

 

Aan die een kant sal die proses jou vry maak van die baie negatiewe emosies soos sekere vorme van vrees, angs, woede, jaloesie, ongeduld, arrogansie, bitterheid, opvlieëndheid, skaam wees, verwerping en selfs sekere vrome van depressie.   

 

Aan die ander kant breek die proses fonteine van lewe oop om werklik diep vrede met jouself te ervaar.  Jy ervaar nuutgevonde vreugde en verrassende skoonheid in die lewe. Verhoudings word heelwat beter en dieper agv die proses. Omstandighede het nie meer so groot invloed op jou lewe nie, want jy beleef ‘n vorm van bevryding van omstandighede.  Jy sal voel dat jy meer kan waag en jou werk met groter fokus kan doen.

 

Wat is die proses wat al die bogenoemde dinge en meer kan meebring?  Die proses is die bevryding van ‘n ongesonde ego.  Die krag van die Evangelie help ons om vry te word van ‘n selfbeeld wat berus op eksterne faktore soos my status, lyf, prestasies, gewildheid, rykdom, geleerdheid en ander eksterne standaarde waaraan ons onsself meet.  Dit is dinge wat vir die ongesonde ego lewensbelangrik is.

 

Die probleem is dat ‘n ongesonde ego leef vanuit die uitgangspunt dat ek nie waardevol is nie en dat ek waarde verkry deur die bogenoemde eksterne faktore tot my lewe toe te voeg.  Dan raak jy obsessief oor die dinge want jou lewe hang letterlik daarvan af!  Geen wonder mense word so woedend as hulle benadeel word nie, want hulle maak hulleself wys dat hulle wese en waarde afgebreek word.  Dink net die spanning wat gepaard gaan om heeltyd bekommerd te wees oor dinge wat jy nie eers oor beheer het nie!

 

Daarteenoor is die bevryding van ‘n ongesonde ego die erkenning dat ek reeds alles het om volwaardig mens te wees.  Ek begin met die oortuiging dat ek waardevol is en dat eksterne faktore nie my lewe bepaal nie.  Die Evangelie maak hierdie bevryding moontlik soos wat Jesus ons gewys het.

 

Lukas 9:24 stel dit so: “Self-help is no help at all. Self-sacrifice is the way, my way, to finding yourself, your true self. What good would it do to get everything you want and lose you, the real you?”(The Message) As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg” en  “Wat help dit ʼn mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan?” (NAV)

 

Hoe groter die bevryding van die ego, hoe vryer is jy om jou ware self uit te leef.  Die vals self val soos skille af om die dieper jy te laat blom.  Hierdie proses, dink ek, is die groot roeping van die tweede helfte van die lewe.  Soos wat ons ouer word kan ons al meer en meer laat gaan aan die vals self.

 

Dink mooi, wie is jy werklik? Is jy jou lyf, gesondheid, jou kennisse, jou geld, simbole van perfeksie, jou klere, besittings, grade, prestasies, leierskapsposisie, gewildheid, geskiedenis of  invloed?  Is dit wat jou lewe bepaal? Of Is jy wesenlik iets dieper? 

Om die ongesonde ego te laat vaar beteken nie die verwerping van jouself nie.  Inteendeel,  dit is die vind van die ware jy; jou diepste identiteit! Daar is ʼn asemrowende bevryding wat mens ervaar as jy met tyd die selfgesentreerde ego verloën.  Daar ontspring fonteine van energie en inspirasie.  Jy kry meer moed en ervaar vryheid van mense en strukture. 

 

Die bevryding is so groot. Hoor jy die uitnodiging?

 

T-TYD    Luk 9:23 ev (The Message)

 

As jy meer wil lees oor die bevryding van die ego hier is drie opsies:

 

1 Preek: My ekkigheid sterf in Christus

http://storage.ning.com/topology/rest/1.0/file/get/74271085?profile...

2 Preek: Vry van my ego

http://storage.ning.com/topology/rest/1.0/file/get/74271096?profile...

3  Die uitstekende boek van Eckhart Tolle: ‘n Nuwe Aarde / A New Earth

Probeer deur deur die loop van die dag ‘n paar oefeninge te doen om jou selfgesentreerde ego te verloën.  Ervaar die vryheid as jy nie hoef te veg vir jou ego nie.  Bevestig dan jou ware identiteit in Christus as kind van God, priester , profeet en koning.

Geniet die reis!

Views: 282

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service