Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak van 10 Junie 2016 - Om 'spasie te hou' vir iemand

Om emosioneel 'spasie te hou' vir iemand, beteken om lanks iemand te loop op die reis waarop hulle hulself bevind sonder oordeel, sonder om hulle minderwaardig te laat voel, hulle te probeer fix of om die uitkoms van die reis te probeer beheer of beïnvloed. Ons maak spasie vir mekaar wanneer ons ons harte oopmaak, onvoorwaardelike ondersteuning bied en enige vorm van oordeel en beheer laat vaar. In my eie lewe is daar mense wat deur die jare vir my spasie gehou het deur hulle onvoorwaardelike liefde en ondersteuning. Hierdie spasie wat ek ontvang, stel my weer in staat om spasie te hou vir ander.

Ek lees 'n ruk gelede 'n artikel oor 'spasie hou' vir ander. Heather Plett, die outeur van die artikel, gee agt waarhede wat sy in haar eie lewe oor 'spasie hou' geleer het:

1. Gee mense toestemming om hulle eie intuïsie en wysheid te vertrou.
2. Gee mense net die hoeveelheid inligting wat hulle benodig en kan hanteer.
3. Moenie die persoon ontmagtig nie.
4. Hou jou eie ego uit die saak uit. Iemand se geluk of mislukkings is nie van jou ingrype afhanklik nie.
5. Laat hulle veilig genoeg voel om te kan misluk.
6. Wees versigtig om raad te gee. Wanneer jy raad of rigting aanbied, doen dit net as jy daarvoor gevra word, en dan met sensitiwiteit.
7. Wees die veilige spasie waarbinne ander voel hulle hul komplekse emosies en vrese kan deel.                       8.Laat die persoon toe om ander besluite te neem as wat jy sou neem, en die situasie te ervaar soos hulle dit ervaar.

In Galasiërs 6:2, en op baie ander plekke in die Nuwe Testament, word gelowiges geroep om presies dit te doen – vir mekaar spasie te hou. In die laaste paar weke het ek gesien hoe Lynnwooders vir individue, gesinne en selfs instansies spasie hou. Ons tema vir die jaar is dat Lynnwood 'n dienende gemeenskap sal wees, en ek kan aan geen beter manier dink om te dien as om spasie vir mekaar en ander te hou nie.

Liefde 

Fay
(namens die Predikantespan)

Stilte-tyd
Miskien wil jy vandag vir die 'spasie houers' in jou lewe dankie sê.

Views: 137

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service