Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak van 15 Julie 2016 - Dit is nie myne nie...

Ek het die blikkie vir die eerste keer raakgesien op Vrydag, 13 Mei, toe ek by die huis gestop het na ek die week met Pinkster weg was. Die blikkie het vir twee weke daar gelê voordat dit deur Fanie, Peet se tuinier, opgetel is. In die tyd wat die blikkie daar gelê het, het die vullisverwyderingstrok twee maal verby gekom en honderde mense het verby gestap, gedraf en gery. Ek het myself afgevra – waarom sou niemand die tyd neem om die blikkie op te tel en weg te gooi nie? My eie Peet het een moontlike antwoord aangebied: ‘Ek het dít nie eens raakgesien nie’. Wat ‘n mens laat wonder hoe bewustelik ons werklik leef?

‘n Ander antwoord op my vraag het op ‘n onwaarskynlike geleentheid en plek sy kop uitgesteek. Terwyl ek by mense kuier, vra die ma vir haar kleuter om ‘n speelding op te tel. Die kleinding se antwoord op haar ma se versoek was ‘Hoekom? Dit is boeta s’n. Dit is nie myne nie.’ Kan dit wees waarom niemand daardie blikkie opgetel het nie – want dit was nie hulle blikkie of sypaadjie nie?

 

‘n Coke-blikkie wat nie myne is nie is maklik om te ignoreer. Maar wat van siekte, seer, koudkry, honger en eensaamheid wat nie joune en myne is nie? Het ons ‘n ‘not my monkey, not my circus’-gemeenskap geword? ‘n Gemeenskap wat die swaarkry of ongeregtigheid wat nie myne is nie, te maklik ignoreer?

Liefde
Fay
(namens die predikantespan)

Views: 129

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service