Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak van 19 Februarie 2010: Gelowiges se stryd teen die bose

Mede gelowiges

Daar is heelwat mense wat in 'n gesprek die volgende woorde gebruik: "Die duiwel is listig" Interessant. Dikwels is die implikasie daarvan dat ek my persoonlike verantwoordelikheid kan ontduik deur die skuld op Satan te pak. Dit is sy skuld dat politici; sportlui sommer gewone gelowiges, dominees ingesluit, struikel.

Tong in die kies wil en vra: "Wie die duiwel dink hy is hy?" In die Nuwe Testament kry Satan nooit al die skuld vir sonde nie. Die persoonlike verantwoordelikheid word nooit ontken nie. Mense gee self toe aan versoekings. Lees gerus Jak 1: 13 e.v.

Sonde en die duiwel kan versoorsaak dat gelowiges 'n pre-okkupasie met die bose het nie. Wanneer ons die gedeelte in Ef 6: 10 - 18 oor die wapenrusting lees, gaan dit juis oor volledige oorgawe aan God. Deur sy Gees help die Here ons om die waarheid te leef, glo en te praat. Sy vryspraak is bedoel vir alle kinders van God. Dit is mos nou 'n sinvolle fokus!

Liefde-groete. Peet van Pretoria

Views: 34

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service