Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak van 23 Desember 2016 - Die Lig het gekom

Neem ‘n paar oomblikke om na die skildery te kyk.
Dink na oor die onderstaande vrae.
- Wat staan vir jou in die skildery uit?
- Hoe laat die uitbeelding jou voel?
- Wat sou jy hierdie skildery wou noem?

In Bradi Barth se uitbeelding van die kersgebeure, Gaze, straal daar ‘n sagte, uitnodigende lig uit die Jesuskind. Net soos Josef en Maria kan ek nie anders as om na die Bron van die lig te kyk nie.


In die Johannesevangelie hoor ons Jesus se woorde: ‘Ek is die lig vir die wêreld. Wie my volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.’

Die Lig stel ons nie net instaat om God te ken nie, maar bring ook vir ons die lewe in oorvloed. Deel van die lewe wat Jesus vir ons kom bring is om onsself ook te leer ken. In verhouding met God raak ons bewus van wie ons ook werklik is: beminde, die geliefde van God.

Mag die Lig van die wêreld jou hierdie kersfees opnuut kom herinner aan wie jy in Hom is – bemind en geliefd.

Geseënde Kersfees!
Liefde
Fay
(namens die Predikantespan)

Views: 117

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service