Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kontak van 26 Februarie 2016 - Om diversiteit te omarm

"There are not more than five musical notes, yet the combinations of these five give rise to more melodies than can ever be heard. There are not more than five primary colours, yet in combination they produce more hues than can ever been seen. There are not more than five cardinal tastes, yet combinations of them yield more flavours than can ever be tasted." Sun Tzu, The Art of War

Die speelgoed vervaardiger Mattel het onlangs vir Barbie 'n 'make over' gegee. Nie net spog die ikoniese pop nou met drie verskillende (en meer realistiese) liggaamstipes nie, maar met sewe verskillende velkleure, twee-en-twintig verskillende kleur oë en vier-en-twintig verskillende haarstyle. Die Lego groep het ook 'n opwindende toevoeging tot hulle reeks gemaak. Hulle het hulle eerste Lego rolstoel aan die begin van die jaar by die Nuremburg speelgoedskou bekend gestel.

Dit sal naief wees om die ekonomiese gewin wat Mattel en Lego, uit hierdie nuwe speelgoed maak, mis te kyk. Maar aan die anderkant kry hulle iets reg waarmee baie van ons sukkel – die waardering en omarming van diversiteit.

Die huidige situasie in ons land maak enige sprake hiervan baie moeilik – maar ek kan nie help om te wonder hoe ons stad, ons land sou lyk as ons dit kon regkry om diversiteit ten minste net te begin waardeer? Ek vermoed Sun Tzu sou op die vraag so-iets geantwoord het:

There are many cultures and people, and the combination of these people give rise to more potential and beauty than can ever be imagined.

Liefde

Fay
(namens die predikantespan)

Beoefen hierdie gedagte: Waardeer en omarm die diversiteit in ons land deur iets nuuts te leer van/by iemand uit 'n ander ras of kultuur.

Views: 127

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service