Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Oor en oor word ek verras oor hoe God op ‘n unieke wyse met elkeen van ons oppad is. Hoe God elke konteks in my lewe sal gebruik vir my groei, mits ek oop is daarvoor. Hierdie vorming vind natuurlik plaas in ‘n ruimte waar ek myself oopstel vir God. En alhoewel verandering en groei God se werk is, gebeur dit wanneer ek by God tyd spandeer en oop is vir sy transformerende prosesse in my lewe.

Ruth Haley Barton skryf: Without solitude, we are dangerous in the human community and in the Christian community because we are at the mercy of our own compulsions. We are driven by our inner emptiness to a self-seeking, anxious search for fullness in the next round of activities, accomplishments, or relationships. When we are not finding ourselves loved by God in solitude, we live life in the company of others always on the prowl for ways in which they can fill our emptiness. We enter into life in community trying to grab and grasp from others what only God can give.

On the other hand, when we are experiencing ourselves as the beloved of God, accepted and cherished by him in all of our beauty and brokenness, our hard, rough edges start to soften. We begin to see that others are beloved as well and that is what gets reflected back to them when they look into our eyes. For there is nothing that fills like the Love that is God. There is nothing that transforms like the Presence that is God. There is nothing that produces what the Silence of God produces within the human soul.

Not only does the love of God come to us in solitude, the love of God begins to pour through us to others. This is a very different kind of productivity and only God can bring it forth.


Natuurlik is stilte en afsondering nie die enigste ruimtes waarbinne ons van God se teenwoordigheid en liefde bewus word nie. Maar met winter om die draai nooi God ons om saam met die skepping so ‘n bietjie stadiger te leef. Om afsondering en stilte meer deel te maak van ons lewens. Om met groter bewustheid, van Sy werk in my, te leef.


Mag jy in hierdie Pinkstertyd opnuut weer van God se werk in jou lewe bewus word.

Liefde
Fay

(namens die predikantespan)

Stilte-tyd
Neem ‘n tydjie hierdie naweek om rustig met ‘n koppie koffie of tee te gaan sit en biddend Sheila Cussons se gedig “werkwoord” ‘n paar maal deur te lees:

Van ek kon dink
het U my laat springmat
tussen die hemel
en die harde grond,
en dit was ekstase,
die wip en die bons albei,
want ek lewe dan eers voluit
wanneer U woel met my.

Views: 135

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service