Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Februarie is die maand van die liefde. Miskien omrede ons hoop ons kry 'n anonieme kaartjie wat fluister: "jy is my Valentine" of hoop iemand vertel vir die hele wêreld: "Ek is lief vir hom/Ek is mal oor haar"!

Miskien voel dit soos die maand van liefdeloosheid, wat jou soveel te meer laat wonder waar is die liefde nou heen? Ek lees van al die seer dinge wat met mense gebeur het - en dan kan ons mos nie anders as om te wonder waar is die liefde nou heen nie?

Die Bybel skryf van die begin af dat God is liefde! Dit is nogals iets wat dieper is as wat ons verstaan. As God se karakter liefde is en daar is iets van God se karakter in my en jou ingeskep - dan moet ons die antwoord wees as die wêreld vra: "waar is die liefde heen?"

Dit is vrek moeilik! Ek weet. Om iets van die Here se karakter te leef (en boon-op die duurste deel) is nie maklik nie. Maar ek moet besef dat dit moontlik is om die antwoord op die wêreld se moeilike vrae oor liefdeloosheid te wees.

Al hoe ek dit gaan regkry is deur die Liefde te vat waar dit nodig is. Miskien in my huwelik of verhoudings. Dalk in die gemeente op 'n plek of twee. Dalk na die mense wat hier af in die straat die pad bou.

Al wat ek weet - God is liefde! En God se karakter leef in my!

Views: 138

Tags: 247, Generasie, Nuwe, Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service