Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Jakobus sê: “Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.” Wysheid waarmee ek soms sukkel. So gebeur dit dat ek verlede Vrydag in Woolies toelaat dat die week se spanning en moegheid die oorhand kry, en ek die vrou by die betaalpunt baie ongeduldig en kortaf hanteer.


Oor die naweek kom ek tot die oortuiging dat ek dit nie sommer daar kan laat nie en vroeg Maandagoggend stap ek by Woolies in. Ek weet nie lekker wat om te verwag nie. Ek staan in die ry totdat Ithida se betaalpunt oop is. Terwyl ek my mandjie uitpak vra ek haar of sy my onthou. Sy sê sy onthou my, maar ek is nie seker of sy regtig doen nie. En toe sê ek die drie woorde wat ek dink vir meeste van ons moeilike woorde is om te sê: “Ek is jammer.”


Wat volgende gebeur het sal ek nooit vergeet nie. Sy het met die sagste, bruin oë na my gekyk en gesê: “Thank you, I appreciate it very much. Not a lot of people ever say that to me.” Daar in die middel van Woolies het ons mekaar se hande gevat en vir ‘n oomblik het ons saam op heilige grond gestaan. En daar besef ek die waarde en krag van drie woorde – drie woorde wat ek nie genoeg sê nie.

Views: 157

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service