Alle Blog Artikels Gemerk 'Predikante' (429)

Kontak van 16 September 2016 - ‘n Nalatenskap

Ek het twee weke gelede die voorreg gehad om my eerste ikoon tydens ‘n retreat te verf. Terwyl ek die Saterdagoggend met my ikoon mooi toegedraai op die sitplek lanks my huistoe ry, dink ek aan die aanbieder se woorde, “‘n Ikoon is vir altyd. Dit is 'n erfstuk.” En ek besef dat dit wat hier lanks my lê deel is mý nalatenskap.

‘n Paar dae later luister ek na ‘n radioprogram oor testamente en wat alles in ag geneem moet word wanneer daar oor jou nalatenskap gedink word.

Ek…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 16 September 2016 om 13:17 — Geen Kommentaar

'n Gemeente is geanker aan 'n plek

Die predikantespan het hierdie week gewerk aan die beplanning met die oog op 2017. Ons het onder andere insette van ons gemeenteleiers gekry. Daar is ‘n goue draad wat in almal se harte ressoneer. Ons hoor die uitnodiging dat die gemeente werklik sal tuiskom in die gemeenskap deur ‘n verskil te maak in ons omgewing. Prof Nelus Niemand wat in ons gemeente woon het juis ‘n uitstekende artikel geskryf wat die uitnodiging goed verwoord:

Lidmate kies…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 5 September 2016 om 8:39 — Geen Kommentaar

Die sterrehemel getuig van God...

Die sterrehemel getuig van God…

 

Op 27 Augustus vanjaar was die twee planete Jupiter en Venus baie naby mekaar in die vroeë aandlig sigbaar. Dit was ’n uitsonderlike gebeurtenis wat eers weer in 2065 sal voorkom. Hoe weet ek dit? Ek stel ’n bietjie in die sterrekunde belang en kry gereeld e-posse van interessanthede wat in die naghemel waar te neem is. My belangstelling is ’n klomp jaar gelede geprikkel na ’n besoek aan die planetarium in Johannesburg. Die planetarium het ’n…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 5 September 2016 om 8:24 — Geen Kommentaar

Kontak van 19 Augustus 2016 - Soos in die ou dae

Ons gemeente hou komende naweek nagmaalsnaweek soos in die ou dae.

Een van die bronne wat ek geraadpleeg het, vertel dat die nagmaalsnaweke van ouds van ‘n Vrydag tot ‘n Maandagoggend geduur het.

Tydens so ‘n naweek het daar baie gebeur: keuring vir aanneming en die aanneming self, voorstelling van nuwe lidmate, huweliksbevestigings, doop en natuurlik nagmaal. ‘n Nagmaalsnaweek het ook gedien as ’n tyd om te koop en te verkoop. Vendusies is gehou, produkte is…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 5 September 2016 om 7:30 — Geen Kommentaar

EREDIENS: Jesu joy of man’s desiring

LYNNWOOD 31 JULIE 9:00  Jesu joy of man’s desiring

 

Orrel se herstel

Peet vertel iets van Orrel se herstel.

 

Stilte: Bewus van jou dors na God: na lewe, inspirasie, geluk, inspirasie,sin, vrede, vreugde wysheid en skoonheid...

 

Sing: LB 163 Soos ‘n Wildsbok (1X)

 

Votum: PS 63

 

Ek soek U, o God, my God,

ek dors na U; ek smag na U…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 31 Julie 2016 om 7:37 — Geen Kommentaar

Kontak van 29 Julie 2016: Rekenaarspiritualiteit

Rekenaarspiritualiteit

Die leefwêreld waarin ek grootgeword het, was een sonder rekenaars. Toe rekenaars in Suid-Afrika hul verskyning gemaak het, het ek nie dadelik vir my een aangeskaf nie. Ek het my eerste rekenaar in die middel van die negentigerjare gekoop. Dit was die einde van die DOS-era. Windows 3.0 het pas verskyn. Ek het aanvanklik op beide platvorms gewerk en later, soos miljoene ander rekenaargebruikers, volledig na Bill Gates se Windowsplatvorm…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 29 Julie 2016 om 10:27 — Geen Kommentaar

Die waardevolste geskenk aan iemand anders

Daar is een geskenk wat meer waardevol is as die duur geskenke wat jy aan iemand anders kan gee. Hierdie geskenk kos niks nie, maar dit vra alles van jou. Dit is binne bereik van elkeen van ons maar dit is ook een van die moeilikste geskenke om te gee. Dié geskenk is om met ‘n wakker bewussyn sonder veroordeling van oomblik tot oomblik jou volle aandagtige teenwoordigheid aan jouself en die ander persoon te gee. Dit is krities dat jy besef dat jou aandagtigheid nie in die eerste plek by die…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 27 Julie 2016 om 6:35 — Geen Kommentaar

Fliek saam Fay #12 – BFG

BFG is Spielberg se interpretasie van Roald Dahl se klassieke kinderverhaal met dieselfde naam. Die rolprent is op ‘n tegniese en visuele vlak ‘n meesterstuk. Die uitbeelding van London se strate, die heuwels van Reuse-land, en die asemrowende Droomland laat jou na jou asem snak. Die element van vrees, wat in die boek se storielyn baie sterk is, word deur Spielberg versag wat maak vir ‘n goeie gesinsrolprent. Die rolprent vertel hoe Sophie, ‘n weeskind, en ‘n reus se paaie kruis.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 25 Julie 2016 om 10:00 — Geen Kommentaar

Kontak van 15 Julie 2016 - Dit is nie myne nie...

Ek het die blikkie vir die eerste keer raakgesien op Vrydag, 13 Mei, toe ek by die huis gestop het na ek die week met Pinkster weg was. Die blikkie het vir twee weke daar gelê voordat dit deur Fanie, Peet se tuinier, opgetel is. In die tyd wat die blikkie daar gelê het, het die vullisverwyderingstrok twee maal verby gekom en honderde mense het verby gestap, gedraf en gery. Ek het myself afgevra – waarom sou niemand die tyd neem om die blikkie op te tel en weg te gooi nie? My eie Peet het een…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 18 Julie 2016 om 9:43 — Geen Kommentaar

Kontak van 10 Junie 2016 - Om 'spasie te hou' vir iemand

Om emosioneel 'spasie te hou' vir iemand, beteken om lanks iemand te loop op die reis waarop hulle hulself bevind sonder oordeel, sonder om hulle minderwaardig te laat voel, hulle te probeer fix of om die uitkoms van die reis te probeer beheer of beïnvloed. Ons maak spasie vir mekaar wanneer ons ons harte oopmaak, onvoorwaardelike ondersteuning bied en enige vorm van oordeel en beheer laat vaar. In my eie lewe is daar mense wat deur die jare vir my spasie gehou het deur hulle…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 24 Junie 2016 om 14:39 — Geen Kommentaar

Kontak van 24 Junie 2016: Elkeen maak ’n verski.l

Elkeen maak ’n verskil

Die volgende munisipale verkiesing is om die draai. En soos verwag kan word, is al die politieke partye hard aan die werk om kiesers te lok om vir ’n bepaalde party te stem. Die boodskappe wat aan die kiesers oorgedra word, varieer dalk aansienlik, maar die onderskeie boodskappe het een ding in gemeen: Die verteenwoordigers van elke party maak daarop aanspraak dat hulle ’n betekenisvolle verskil in mense se lewe kan maak. En dit is ongetwyfeld só dat die…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 24 Junie 2016 om 9:33 — Geen Kommentaar

Erediens Fil 3: Wie is jy werklik?

Lynnwood_20160605 _Identiteit:  Wie is ek Werklik?

 

Voorspel : Dalk iets uit die orrelkonsert van Vrydag? (Ek kan dit aankonding as jy voel dis nodig) 

 

Votum: Karl Bart-votum

 

O Here, ons God!

U weet wie ons is wat hier voor U byeengekom het:

mense met goeie gewetens

én met skuldgevoelens;

tevredenes en ontevredenes;

dié wat sekerheid het en ander wat…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 5 Junie 2016 om 21:13 — Geen Kommentaar

Kontak van 20 Mei 2016: Hoe geestelik is jy?

Hoe geestelik is jy?

Die verskillende strominge binne die Christendom antwoord die vraag verskillend. Volgens sommige is alle Christene nie ewe geestelik nie. Daarmee bedoel hulle dat die Heilige Gees nog nie in sy volheid in alle Christene werksaam is nie. Om die Gees in sy volheid te ontvang, het ’n Christen ’n “second blessing”, ’n tweede geloofservaring nodig. Die eerste geloofservaring is wanneer iemand tot bekering, tot ’n openlike geloofsbelydenis kom. Die tweede…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 20 Mei 2016 om 9:52 — Geen Kommentaar

Kontak van 29 April 2016 - Dit wat gebreek is

"Maak vir ons ruimte. Ons het niemand veronreg nie; ons het niemand skade berokken nie; ons het niemand uitgebuit nie ..." (2 Korintiërs 7:2-16)

Paulus het die gemeente in Korinte op een van sy sendingreise gestig, soos ook al sy ander gemeentes. Op 'n volgende sendingreis doen hy weer daar aan, maar hierdie keer behandel die gemeente hom baie sleg, en gee hom 'n yskoue skouer. Wat presies daar gebeur het word nie beskryf nie, maar die effek op Paulus is duidelik: dit het hom…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 Mei 2016 om 4:23 — Geen Kommentaar

Kontak van 6 Mei 2016 - God se werk

Oor en oor word ek verras oor hoe God op ‘n unieke wyse met elkeen van ons oppad is. Hoe God elke konteks in my lewe sal gebruik vir my groei, mits ek oop is daarvoor. Hierdie vorming vind natuurlik plaas in ‘n ruimte waar ek myself oopstel vir God. En alhoewel verandering en groei God se werk is, gebeur dit wanneer ek by God tyd spandeer en oop is vir sy transformerende prosesse in my lewe.

Ruth Haley Barton skryf: Without solitude, we are dangerous in the human community and in…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 Mei 2016 om 4:20 — Geen Kommentaar

Kontak: Ruil jou kollig vir 'n vloedlig!

Ruil jou kollig vir 'n vloedlig!

Gestel jy loop in 'n groot donker pakhuis in met net 'n flitslig in jou hand. Die rigting waarheen jou flitslig wys sal net 'n gedeelte van die pakhuis verlig. Jy sal dalk 'n paar bottels koeldrank sien. Heel moontlik sal jy dink dit is 'n pakhuis van die koeldrankverspreider Coca Cola. Skielik word die ligte vir 'n oomblik aangeskakel en jy sien 'n groot diversiteit van produkte van alles wat jy jou kan indink, soos in 'n Makro pakhuis. Al die ligte…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 10 April 2016 om 15:57 — Geen Kommentaar

Kontak van 1 April 2016 - (On)beduidend . . .

Ek het 'n rukkie terug hierdie foto op Facebook raakgeloop. Die titel van hierdie installasie, deur die Meksikaanse kunstenaar Jorge Mendez Blake, is 'Die krag van een boek'. Met die eerste oogopslag lyk die installasie na 'n doodgewone baksteenmuur, maar wanneer jy hierdie konstruksie van nader bekyk word die bultjie in die middel van die muur sigbaar. Dit is…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 4 April 2016 om 10:20 — Geen Kommentaar

Paasoktaaf: Om die Onsienlike te sien

Liturgie 2016/04/03    OM DIE ONSIENLIKE TE SIEN     JOH 20:11 ev

 

VOTUM

 

Na kort rukkie stilte.....Morning has Broken: Hercules en Friena

 

Skepper, Bron van Nuwe Lewe

 

Skepper, Asem Wind van Nuwe Lewe,

Waai U Lewende Wind van seëninge deur my,

Laat die laaste blare van seer, spanning en sonde afval

Sodat ek leeg en oop voor U kan…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 3 April 2016 om 10:30 — Geen Kommentaar

PAASDIENS: LEWE IN OORVLOED!

27 Maart 2016   PAASDIENS: LEWE IN OORVLOED!

 

Vooraf:  Wit doek oor die kruis

 

Geen voorspel

 

Votum:   7 Kerse aansteek   KINDERS steek kerse aan!!!

In Openbaring 21:5-7 is daar die sg. 7 Uitsprake van God self...

(Elke keer word ʼn kers aangesteek; 7 kerse)

 

1 Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut."

 

2 En daarna sê Hy:…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 27 Maart 2016 om 14:48 — Geen Kommentaar

Dieper Dors, toewyding vir Paasfees.

Liturgie 23 Maart 2016 18:30 : Dieper Dors, toewyding vir Paasfees.

 

Musiek vooraf gaan aan tot +-18:33

 

>>>> ASEMHALING :  ERVAAR die dors na Asem en dors na God!

 

Votum: uit (Isaiah 55:1-3)

 

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie,

kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 25 Maart 2016 om 19:00 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2021

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service