Peet Crous's Blog (71)

Post ....

Die hoofkarakter in die boek "Chasing Francis" van I. M. Cron is ’n ontnugterde predikant in die VSA. In sy soeke na God vind daar vervreemding tussen hom en ’n groot deel van sy tuisgemeente plaas. Wanneer hy nie antwoorde het op die ontydige dood van ’n gemeentekind nie, gaan hy Italië toe en reis op die voetspore van Franciscus van Assisi.

Die bagasie wat saam met sy been van die Christendom gaan, maak hom moeg en verward. Bepaalde musiek, taal (antwoorde in die vorm van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 29 Julie 2014 om 18:15 — Geen Kommentaar

Regte Golflengte?

In 2012 het Karin en ek die kans gehad om in Europa te gaan rondloop; Italië en Frankryk. Na so paar laat aande was ek gedaan vir die Franse TV want dit was presidentsverkiesing in Frankryk. Behalwe dit kan een mens ook net soveel van die Simpsons in Frans verteer. Met dié loop ons die volgende dag op soek na ’n radio, want ek onthou dat die BBC op kortgolf uitsaai. Die enigste een wat ons kon opspoor, kos ’n yslike R800,00, maar ek is lus vir bietjie radio en ons koop hom.

By die…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 29 Julie 2014 om 18:14 — Geen Kommentaar

Wie is jy boem, boemelaar?

Wie is jy boem, boemelaar?

 

Pastorieë trek sluipslapers, bosbewoners en werkloses sonder weerga aan.  Gun my ’n skrale uur in die voortuin en iewers gaan daar iemand opdaag wat van Polokwane op pad is na Die Baai, want hy het gehoor dat daar werk is en of ek hom nie net met ’n paar honderd kan las nie; vir die…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 26 Mei 2014 om 18:13 — Geen Kommentaar

Kom ons stem!

Kom ons stem!

 

“Kom ons stem.”  Dit is nogal iets wat mens hoor by moeilike vergaderings en selfs tydens gesprekke rondom keuse van kos tydens ’n familie vakansie wanneer ons sukkel om met gesprek tot ’n vergelyk te kom.  Dis nou weer sulke tyd in ons land:  ons gaan stem.  Vroeg in Mei gaan ’n verskeidenheid van mense na hulle stemlokale om hulle keuse uit te oefen deur ’n kruisie te…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 26 Mei 2014 om 18:12 — Geen Kommentaar

Geestelik en beestelik

Geestelik en beestelik?

 

Onthou jy konserte van lank gelede?  Daar was ’n beestelike deel waar mense limericke opgesê het (waarin die plaaslike leraar gewoonlik die onderwerp van bespreking was) en dalk het iemand tot groot verleentheid van sy familie “Daar doer in die Bosveld” probeer gesing.…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 26 Mei 2014 om 18:10 — Geen Kommentaar

Sommige Skoolsaalstoele

’n Merkbare persentasie van stoele in skoolsale  (sommige kerksaalstoele ingeslote) behoort met ’n lewenslange voorraad van sterk rugpynstillers verkoop te word.  Dis selde dat ’n skoolsaalstoel ’n gewenste en gesonde helling kan handhaaf om die gemiddelde persoon se rug genoegsaam te ondersteun in die sittende posisie.  Meeste skoolsaalstoele gedra hulle soos ’n selfaangestelde aspirant gemakstoel:  mens reken nog dat jy regop sit wanneer jy plaasneem, maar…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 28 Februarie 2014 om 9:20 — Geen Kommentaar

Yoga mit Jesus

“Yoga mit Jesus”

Op die voorblad van “Die Zeit” van 4 April 2012 is daar ’n helderkleurige prentjie van Jesus wat in ’n meditasie posisie sit en die opskrif lui:  “Yoga mit Jesus.” Hy het ’n aantreklike Westerse gesig wat direk na die skilder kyk en die stralekrans laat Hom toegewyd lyk.  Meer opvallend is die gekruisde bene en vingerpunte wat duidelik wys op meditasie en…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 23 November 2013 om 9:18 — Geen Kommentaar

Wat maak 'n erediens sinvol?

Wat maak 'n erediens sinvol?

 

Gegewe die verskeidenheid van predikante, priesters, pastore en padres wat daar is, gaan hierdie vraag geen eenvoudige antwoord oplewer nie.  Hou ook in gedagte dat lidmate selfs nog 'n wyer verskeidenheid kan toon.  Fred B. Craddock wat 'n rigtinggewende boek rakende prediking geskryf het, getiteld “Preaching”, reken dat prediking 'n komplekse proses is en daarom is selfs net 'n bevredigende definisie van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 30 Oktober 2013 om 18:54 — Geen Kommentaar

Met die Datsun ‘opgestart’

Baie van ons sal die naam Datsun onthou.  Dié naam was sinoniem met bekostigbare en betroubare vervoer.  Dink maar aan die 1400-bakkie (voorheen die 1200-bakkie) en die SSS.  Die handelsnaam was ook nooit te ver van motorsport af nie.

 

Dit neem my terug na diensplig; iewers in 1986.  My tweede jaar van Seinerskap in die weermag het ek op 'n basis naby Hammanskraal voltooi, redelik na aan Pretoria.  Deel van die basis was 'n ondergrondse radiostasie gewees wat die potensiaal…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 9 September 2013 om 19:44 — Geen Kommentaar

13 Mei 2013: Monopoly geld

Nie met Monopoly geld nie.

 

Om van tyd tot tyd in Johannesburg te gaan rondloop is vir Karin en my heerlik.  Die ander dag beland ons in Bryanston in ’n inkopiesentrum.  Meganiese horlosies het my nog altyd aangespreek en dié dag loop ek by ’n winkel in met besonderse horlosies.  Die man agter die toonbank oorhandig aan my ’n netjiese katalogus wat ons opsluit by ’n koffiewinkel bestudeer.  Daar sien ek die mooiste sakhorlosie – “complicated movement”. …

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 13 Mei 2013 om 17:03 — Geen Kommentaar

Kontak van 8 April 2013

Net Renosters?

 

As mens na die afgelope ruk se koerantopskrifte kyk, word daar gereeld renosters gestroop en daar is mense wat geld gee sodat die spesies (Swart en Wit) gered kan word.  ’n Roerende verhaal is die van ’n klein seuntjie wat sy verjaarsdaggeld geskenk het sodat renosterstropers aan die kaak gestel kan word.  Teen die lamppale vandag lees ek dat nou ook volstruise gestroop word.  Die ware toedrag van sake is dat renosters en volstruise…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 15 April 2013 om 11:21 — Geen Kommentaar

1 November 2012. Beplan!

Liewe lidmaat

 

Volgende week is die leraars weg met 'n beplanningsessie.  Deur die loop van 'n gemiddelde jaar beleef mens 'n paar sulke sessies en oor beplanning sal ek graag die volgende (tentatiewe) opmerkings wil maak:

[1]  Modes kom en gaan.  Dit is nogal waar vir kerke en gemeentes ook.  Op 'n manier kon die kerk nie die verbuikersmentaliteit vryspring nie en daarom kry mens gemeentes of denominasies wat vir 'n oomblik in die mode is.  Tog is daar iets anders aan…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 31 Oktober 2012 om 16:42 — Geen Kommentaar

3 Oktober 2012. Verhuising 101

Liewe lidmate

Om te verhuis, is spanningsvol - selfs al is dit in dieselfde stad en net 'n paar km. ver.  Soos mens as beginner-student 'n paar dinge leer in die eerste paar maande op universiteit, het ek weer 'n paar sake oor verhuising geleer in die afgelope week:

[1]  Ons hoop dikwels te veel goed op.  Tussen alles wat verplaas moet…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 2 Oktober 2012 om 19:00 — Geen Kommentaar

9 September 2012. Meet, meet, meet ...

Hallo!

Ons meet baie goed. Atletiek word in breukdele van sekondes gemeet en by die werk is daar meetbare resultate. Vandag deel ons die dag in minute en sekondes sodat ons kan meet wat ons gedoen het; elke minuut van die dag. Net 'n paar honderd jaar gelede het uurwerke net 'n uurwyser gehad. Wanneer kerke deel is van deurlopend meet, moet daar meer lidmate en geld wees; programme is van groot waarde mits dit gemeet kan word. Mens hoef nie noodwendig daarmee ingenome te wees nie -…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 9 September 2012 om 20:11 — Geen Kommentaar

22 Augustus 2012. Sterwende kerk?

Liewe broers en susters in Christus

Die BBC het programme wat my boei - "Grand Designs" en "Reclamation Yard" is twee van hulle. "Grand Designs" gaan oor verskillende huise in Engeland wat gebou of restoureer word. Dis elke keer 'n unieke ontwerp, bouproses en in meeste gevalle mense ook. "Reclamation Yard" het beduidend minder geleerde mense, maar dit hou my steeds vasgenael voor die TV. Daar is 'n besigheid of drie wie se inkomste draai rondom die herwinning van materiaal uit ou…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 22 Augustus 2012 om 20:36 — Geen Kommentaar

8 Augustus 2012. Spyskaart en agenda

Liewe lidmate



Een van ons, Karin en my, gunsteling kuierplekker is 'n Italiaanse restourant. Die pasta met seekos is een van my gunstelinge. Vriende van ons wat ook van die plek hou, verkies "pork belly." Karin kies gewoonlik hoenderlewertjies bedek met 'n hemelse sousie. Gepaardgaande met alle maaltye is die restourant se eie besonderse brood - meer as een soort ook!



Soms is spyskaarte verwarrend omdat die keuse oorweldigend is. Dis dan dat ek wens my maag en beursie kon… Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 7 Augustus 2012 om 12:25 — Geen Kommentaar

29 Junie 2012. Krag-gebruik

Liewe lidmate

In die winter veral is is mens goed bewus van elektristeitsverbruik. Iewers gedurende die afgelope naweek flits die boodskap op die TV dat kykers moet afskakel wat afgeskakel kan word want ons moet krag spaar. Stephan Joubert skryf sinvol oor kinders van God en krag:

[1] Gelowiges is kragdrade, nie kragbronne nie. Laat ons dit vinnig uit die weg ruim: God is ons bron van krag: om van Christus te getuig, die lewe te kan hanteer en om sommer net te kan leef. Ons…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 26 Junie 2012 om 12:55 — Geen Kommentaar

1 Junie 2012. Goeie konneksie

Liewe lidmate

 

Een van my kollegas uit Windhoek maak die volgende opmerking:  "Verlede jaar hierdie tyd was dit nog Maart gewees."  Kommunikasie geskied al vinniger en vinniger.  Op 24 Mei 1842 het Samuel Morse die eerste keer via elektrisiteit gekommunikeer.  Die spoed van die vinnigste trein was toe ongeveer 75 km/h en Morse se uitvinding het die spoed van kommunikasie baie vinnig laat toeneem.  Behalwe spoed, beleef baie mense vandag dat die hoeveelheid kommunikasie ook al…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 28 Mei 2012 om 16:38 — Geen Kommentaar

4 Mei 2012. Gebeur alles met 'n doel?

Liewe lidmate

 

Reeds vroeg in Gr 9 by 'n skoolmaat se begrafnis, het ek gewonder oor hoekom sommige dinge gebeur.  In die gewilde Teologie sal mens boeke kry wat sake aanspreek soos, "Why bad things happen to good people."  Sou mens 'n klompie predikante laat gesels, sal iemand waarskynlik op 'n stadium die "Teodisee vraagstuk," noem.  Baie mense het die opvatting dat alles wat gebeur 'n doel het.  Ons verstaan dalk nie nou hoekom my skoolmaat so vroeg in sy lewe moes sterf…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 2 Mei 2012 om 15:41 — Geen Kommentaar

14 Maart 2012. Hoe het hulle gereis?

Liewe lidmate

 

Iewers lees ek dat die gemiddelde voertuig in Suid Afrika na aan 20 000 km per jaar ry.  Mense in die Bybelse tyd het aansienlik korter afstande per jaar gereis, maar steeds gereis.  Ons weet dat Paulus ongeveer 14 000 km hoofsaaklik te voet voltooi het.  Abraham het van Ur sak en pak Israel toe gekom. 

 

As jy nie 'n donkie gehad het nie, was voetslaan jou voorland.  Perde was bestem vir ryk mense en oorlog.  Om in groepe te stap, was waarskynlik…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 14 Maart 2012 om 16:41 — Geen Kommentaar

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service