Pieter Oosthuizen's Blog (69)

Kontak 26 Julie 2012 - Verandering is 'n uitdagende besigheid

Liewe vriende,

Dit voel vir my of ons hierdie jaar, meer as ander jare, met verandering in ons persoonlike lewens en ook in ons gemeente se lewe, gekonfronteer word. Ek dink aan vele gesinne wat deur ernstige siekte, die dood van 'n geliefde, egskeiding, verhoudings wat nie werk nie en vele ander gebeurtenisse geraak word. In ons gemeente se lewe is dit nie anders nie. Twee dominees tree af, 'n proses is aan die gang om 'n nuwe dominee te beroep en ons moet gedurig nuut aanpas en…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 26 Julie 2012 om 8:30 — Geen Kommentaar

Kontak 5 Julie 2012 - Jy word jouself, eers naby God, die Heilige

Liewe vriende,

Die woord "heilig" maak dikwels 'n verskeidenheid gevoelens en gedagtes by mens wakker. Ons assosieer die woord dikwels met 'n saai, vreugdelose, onaantreklike lewensstyl. Ons dink soms dat "heilige" mense dink hulle is beter as ander, soms laat dit jou voel of jyself nie goed genoeg is nie en ver tekort skiet.

Lees mens dan nog gedeeltes soos 1 Petrus 1:16 waar gesê word: "wees heilig, want Ek is heilig", verstaan ons dit dikwels verkeerd. God is die Heilige en…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 4 Julie 2012 om 22:24 — Geen Kommentaar

Kontak 14 Junie 2012 - wat het geword van goeie sportmangees?

Liewe vriende,

Wat het geword van goeie sportmangees? 'n Sportmangees wat ook getuig van die Christelike waardes waarvoor ons staan?

Waarom die vraag en is dit iets wat die groter gemeenskap raak en watter rol speel hulle daarin?

Mens lees in die koerante van skolerugby insidente, spelers wat skeidsregters bykom, afrigters wat 'n sleg voorbeeld stel, ouers wat wil handgemeen raak en skeidsregters beledig. Hierdie soort gees kry mens nie net by rugby nie, maar ook van die…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 14 Junie 2012 om 7:33 — Geen Kommentaar

Kontak - nagedink oor hemelvaart

Liewe vriende,

Hierdie week vier ons die hemelvaart van ons Here Jesus Christus.  Raak mens stil en dink aan die opstanding en alles wat daarna gebeur het, dan kan jy en ek ons verwonder en bid:

Here,…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 17 Mei 2012 om 9:08 — Geen Kommentaar

Kontak 18 April 2012 - Paasfees onderstreep God se barmhartigheid

Liewe Vriende,

In die kerklike tradisie word in die tweede week na Christus se opstanding, gedink aan die barmhartigheid van God, die Goeie Herder. Psalm 23 en die verhaal van die Emmausgangers in Lukas 24, speel 'n groot rol. 'n Herder wat nie gehuiwer het om sy lewe vir sy skape te gee nie, maar wat ook die ontnugterde reisigers nie aan hulle onsekerheid oorgelaat het nie. Dat God barmhartig en genadig is, lees ons op baie plekke in die Ou en Nuwe Testamente.

Daar is een…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 18 April 2012 om 23:18 — Geen Kommentaar

Kontak 22 Maart 2012 - "Wounded healers" op die pad.

Liewe vriende,

Hierdie is een van die laaste Kontakte oor ons kwartaaltema: "Eenwees." Ek was nie seker hoe "Wounded healers op die pad" by ons kwartaaltema sou aansluit nie, maar is opgewonde oor wat ek raakgeloop het in my leeswerk hieroor.

Henri Nouwen het gesê: "In our own woundedness (weakness), we can become a source of life for others." (The Wounded Healer - ministry in contemporary society") André Roosma sê dat Nouwen se boek het hom gehelp om sy eie…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 22 Maart 2012 om 8:17 — Geen Kommentaar

Kontak 16 Februarie 2012 - Eenwees tussen mense

Liewe Vriende,

Waarom is jy en ek Christene? Ons kan 'n katkisasie-antwoord op die vraag gee en sê dat ek 'n Christen is omdat ek glo in God, die Vader, in Jesus Christus en die Heilige Gees. En omdat ek glo, het ek die Heilige Gees ontvang wat my toerus en lei om soos God se kind te leef.

Ek wil verder vra: "met watter doel is ek hier?" Ek sou kan sê: "om God te verheerlik." Dit klink reg, maar ek kan ook maklik wegkom met so 'n antwoord. Daarom wil ek jou uitdaag om saam met…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 15 Februarie 2012 om 19:17 — Geen Kommentaar

Kontak 12 Januarie 2012 - Ons kwartaaltema "Eenwees"

Liewe Vriende,

In 'n sekere sin voel hierdie paar dae voor die skole heropen, soos die laaste oomblikke van die stilte voor die groot stormloop in 2012 begin. Mag jy in 2012 die Here se teenwoordigheid in jou lewe op spesiale maniere beleef en jy bewus wees van Sy oneindige liefde vir jou.

Die eerste van ons vier kwartaaltemas, is "eenwees". Wat word hiermee bedoel? Dit beteken, onder andere, dat ek daarvan bewus sal wees dat God elke dag "hier en nou" is; dat Hy orals…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 12 Januarie 2012 om 7:24 — Geen Kommentaar

Kontak 7 Desember 2011 - God se "intrek" onder ons was nódig

Vriende,

Hoe kan ons, klein mense, die grootheid van God, selfs net íéts van sy liefde begryp? Want lees mens die paar verse oor mense in Genesis 4:1-8, 23-26 en 10:8-12, besef jy hoe moeilik dit is...

Kain maak sy broer Abel dood en as die Here hom aanspreek, is sy reaksie dat sy straf te groot is en dat hy bang is mense gaan hom doodmaak as hulle hom in die hande kry. Ek lees iets tussen die lyne van 'n onwilligheid om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar, 'n regte…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 8 Desember 2011 om 7:13 — Geen Kommentaar

Kontak 17 November 2011 Leef met verwagting

Liewe Vriende,

Wanneer mens kuiermense kry, of 'n vakansie beplan, of 'n fees reël, is daar altyd baie voorbereidings. Die lekker deel dan daarvan, is die uitsien of afwagting wat mens opgewonde maak. Ons verwag dit gaan lekker wees!

Ons is weer oppad na so 'n voorbereidingstyd toe in die kerk: Adventstyd. Die woord beteken: "koms" of "aankoms." Dis 'n tyd wat die laaste 4 Sondae voor Kersfees begin, waartydens die koms van die Here Jesus na die wêreld toe en dat Hy nog steeds…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 17 November 2011 om 8:11 — Geen Kommentaar

Kontak 13 Oktober 2011 Om te bly glo as alles verander ...

Liewe Vriende,

Ek werk op die oomblik deur die gemeente se Kerkraadsnotules. Dit is insiggewend en een van die gedagtes wat by my bly steek is: hoe het "tye" nie verander nie!

Mens kan skaars glo oor watter sake passievol gepraat is op Kerkraadsvergaderings, oor die "verderflike musiek" waarna jongmense luister, die stryd oor huishulpe wat in die kerksaal kon kerkhou pleks van in motorhuise, besware oor die feit dat 'n erediens in Engels gehou is, ensovoorts. Daar is nog vele…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 12 Oktober 2011 om 23:28 — Geen Kommentaar

Kontak 15 September 2011 - Hemelse meesterstukke.

Liewe vriende,

Francis Quarles (1592-1644) het gesê dat: "Man is Heaven's masterpiece." Ek wil graag Ferdinand Deist se gedagtes hieroor in sy dagboek: "Wat van Vandag?" met julle deel.

"Ons leef dikwels te veel uit Genesis 3 se sondeval en te min uit Genesis 1 en 2 se skepping - miskien juis omdat ons soveel foute maak en onsself so moeilik daarvoor vergewe. Genesis 3 sê ek en jy het 'n swakheid om voortdurend van God af te wil wegvlug, om vervreem te word van mekaar en die…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 14 September 2011 om 23:07 — Geen Kommentaar

Konak 28 Julie 2011 Noorweë massamoord laat mens dink

Liewe vriende,

Die grusame massamoord in Noorweë, deur waarskynlik een jongman, was ons nuusblaaie en TV-skerms vol die afgelope week. Ontstellende beelde van dood en verwoesting, getraumatiseerde jongmense en 'n volk in rou. Dis ook nie aldag dat jy 'n konings-egpaar in trane sien nie! En amper teenstrydig hiermee, die mooi prentjie van plate blomme ter herinnering aan die wat gesterf het.

Hierdie gebeurtenis maak iets anders los in mens se gedagtes: dit is nie net…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 28 Julie 2011 om 8:23 — Geen Kommentaar

Kontak 20 Julie 2011 - 'n Nuwe dominee, 'n nuwe fase ...

Liewe Vriende,

Hierdie naweek verwelkom ons ds. Fay van Eeden en haar man Peet, in ons gemeente. Sy is ons nuwe dominee vir die Nuwe Generasiebediening en word bevestig by die aanddiens. Sy preek ook die oggend in die kerk.

Hulle afskeid by Nooitgedachtgemeente (Bronkhorstspruit) verlede Sondag, die proses wat ons deurloop het om haar te beroep, na Zander se vertrek en die feit dat dominees kom en gaan in gemeentes, het my laat dink aan die rol wat dominees in gemeentes speel.…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 20 Julie 2011 om 22:04 — Geen Kommentaar

Kontak 23 Junie 2011 - liefde wat vrees verdryf?

Liewe Vriende,

Voor ek by die gedagtes vir vandag kom, eers twee sake.

  1. Op Donderdagaande 28 Julie en 4 Augustus nooi Petro Barnard en ek almal wat belangstel om iets meer te wete te kom van hoe verskillende temperamente in verhoudings funksioneer, om die twee aande te kom bywoon. Die sessies sal van 18:00 tot 19:30 duur. Enigiemand is welkom, enkellopendes en egpare. Ons beplan om êrens in September 'n Sondagsessie oor die die impak…
Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 23 Junie 2011 om 7:39 — Geen Kommentaar

Kontak 17 Junie 2011 My rol in die bou van vertroue

Liewe vriende,

Wat is die rol wat elkeen van ons speel in die bou van vertroue? Dis met die gedagtes in my kop vir die week se Kontak, wat ek toe gou kyk wat Peet en Immanuel geskryf het. Ons het nie afgespreek om oor vertroue te skryf nie, maar dieselfde tema lê op ons harte, al is dit uit verskillende hoeke!

In 'n nuusbrief oor die onderwerp, het Maritz Navorsing gewys dat net 11% werknemers sterk vertroue in hul organisasies se leiers het. Erger nog: net 7% werknemers het…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 17 Junie 2011 om 8:25 — Geen Kommentaar

Kontak 8 Junie 2011

Liewe Vriende,

Eerskomende Sondag vier ons Pinksterfees. Dink mens aan die gebeure rondom die uitstorting van die Heilige Gees en die voorafgaande gebeure: ons Here Jesus se kruisiging, opstanding en hemelvaart, kan mens nie anders as met beskeidenheid daaroor te dink en te praat nie. Ons het met 'n misterie te doen; met God wat ánders en gróter as ons is. 'n God wat nie daar "anderkant" of "oorkant" is nie, maar hiér by ons, ín ons. Al kan ons Hom nie sien of voel nie. Soos: ons weet…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 8 Junie 2011 om 21:09 — Geen Kommentaar

Kontak 25 Mei 2011

Liewe Vriende,

21 Mei 2011 het gekom en gegaan ... Die reuse aardbewing het nie gekom nie en sesuur was ons nog almal hier. Nou hoor ek daar is 'n Oktober-datum, daar is selfs 'n fliek gemaak oor Desember 2012 (iemand uit Duitsland het een van ons senior lidmate selfs gebel met die vertroulike inligting oor die presiese tyd, maar ook gesê dat sy kan verseker haar familie word ook gered as sy 'n sekere bedrag geld in sy rekening oorbetaal!) en onlangs het die Rekord 'n berig in gehad…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 26 Mei 2011 om 0:18 — Geen Kommentaar

Kontak 12 Mei 2011

Liewe Vriende,

Ons kwartaaltema in die gemeente is: "gemeenskap."

Deur die geskiedenis het dit dikwels gebeur dat gelowiges hulleself "eenkant" hou, saamtrek in groepe gelowiges wat dieselfde dink en dan nie graag wil betrokke raak by mense wat anders as hulle dink en doen nie. Mens het dit dikwels in gemeentes gesien waar Bybelstudiegroepe of omgeegroepe maklik ontaard het in "broeigroepe", eerder as "groeigroepe." Mens sou die voorbeelde kon opstapel ... want dis op die ou…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 12 Mei 2011 om 0:11 — Geen Kommentaar

Kontak 22 April 2011

Liewe Vriende,

Mag julle Paasfees geseënd wees!

Tradisioneel is ons Paasnaweek se vieringe gefokus op Goeie Vrydag en Paassondag. Daar is in die kerklike tradisie 'n rykdom van maniere waarop die naweek se gebeure gevier word.

In Nederland word vandag, "Witte Donderdag" genoem Dit het begin in die 12e eeu deur 'n wit doek oor 'n kruis te gooi.  In die Duitse tradisie staan die dag bekend as "Gründonnerstag", afgelei van 'n Duitse woord wat "ween" (huil) beteken. Op die…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 21 April 2011 om 7:52 — Geen Kommentaar

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service