Liewe lidmate

Verlede week was ek by UP vir die jaarlikse Lentekonferensie. Die tema was Affluenza. Die term is glo deur 'n Britse sielkundige "gecoin" om 'n siekte van ons tyd aan te dui. Die Engelse woorde "affluent" en "influenza" word saamgevoeg om te verduidelik wat vandag baie mense plat trek. Die simptome is min of meer die volgende: die status van 'n bepaalde kar is belangriker as die blote waarde van 'n vervoermiddel; net die beste en nuutste selfoon sal doen; net sekere make klere is drabaar. Ignoreer hierdie simptome en die lyer kan sterf aan "kredietkaarttus kapottus."

Die verhaal van die arm weduwee wat 'n geldjie in die tempel gaan gooi het, is aan ons almal bekend. Maar wat minder van ons weet is dat sy brandarm was omdat die mense van die tempel deur vernuftige wette haar ontneem het van die basiese. Dit terwyl geloofsleiers mense behoort te wees wat ander ondersteun.

In 'n filosoof se perspektief op die tydsgees van Affluenza vertel sy dat slim sielkundiges 'n hele klomp groot besighede ontleed het asof hierdie besighede enkelinge was. Die grootste gedeelte van hierdie besighede sou klassifiseer kon word as psigopate; daar is nie sprake van 'n gewete nie en aksie en reaksie is soos die ooste en die weste: dit bereik mekaar nooit.

Kom ons wees eerlike daaroor: baie enkelinge, maar ook lande se regerings spandeer meer geld as wat daar beskikbaar is. Gierigheid?

Gierig is nie net iets wat die rykes en super-rykes genoem kan word nie. Een van die treffendste foto's tydens die Lentekonferensie was van 'n arm bedelaar wat op 'n bankie sit, maar dan met die nuutste en begeerlikste paar tekkies aan sy voete.

Mag God ons, vir jou en my; die gemeente; gemeenskap en die land, bewaar van gierigheid.

Liefde Peet Crous

Views: 88

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service