Hallo liewe lidmate

Ons gebruik nogal dikwels die benaming "Liewe Jesus." Veral wanneer ons met kinders praat. Natuurlik is dit ook waar. God het ons lief en sonder om te skroom sit ons die woorde op kansels en gemeente se blaadjies: "God is liefde." Dit is tog so dat God ons lief het en mens lees dit in die Bybel.

Ongelukkig is dit ook waar dat mense die woorde "Liewe Jesus" wil gebruik soos 'n pleister - as ietsie seer is, wanneer 'n kind sy knieg geskaaf het, pleister ons dit reg met 'n slagspreuk oor Liewe Jesus. Ander kere weer wil christene die benaming gebruik soos 'n "soft toy." Dit is sag, warm en troetelbaar en mens gebruik dit wanneer die donker jou wil vang in 'n eensame nag.

Hoe gereeld lees ons van "Liewe Jesus" in die Bybel?

Wat gebeur dan as ons God nie verstaan nie, soos dit vir Job en sy vriende getref het? Gebruik hulle dan 'n generiese uitdrukking soos: "Siestog. Liewe Jesus sal alles regmaak"? Hulle het in sirkels by mekaar verby gepraat. Gerda de Villiers het my nogal goed met Job gehelp. Sy vertel dat verhoudinge in Job wen. Beredenerings oor presies hoe God is, laat mense se koppe draai, maar ons kan steeds in 'n lewende verhoudinge met die liefdevolle God staan. Aan die einde van die boek Job, is God vies vir Job se vriende. Wat doen Job dan? Hy bring 'n offer vir sy vriende. Hulle het almal vir God op verskillende maniere verstaan, maar hulle bly vriende en gelowiges.

Soms kan ons seker van Liewe Jesus praat, maar in baie ander gevalle gaan dit nie werk nie.

Tog: Liefdevolle groete, Peet van Pretoria; een van die genadige God se kinders

Views: 175

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service