Liewe lidmate

Net vanoggend gesels ek weer met iemand wie se lewe te vinning verloop. Dit is waarskynlik waar van 'n hele klomp mense met wie ek werk. Iemand maak 'n opmerking oor die spoed van die lewe: "As die lewe 'n rotren is, het die rotte gewen."

Voeg daarby dat 'n koerant in die afgelope week 'n artikel gehad het oor die tyd wat mense by die werk spandeer. As ek die artikel reg verstaan, spandeer mense in ons omgewing ongeveer nege en 'n half uur per dag by hulle werk. Sjoe! Langer as omtrent enige ander nasie.

Neem hierdie week tyd en raak rustig. Is alles in jou lewe soos dit moet wees? Is al die verhoudinge in plek? Wees oop daarvoor dat God iets mag meedeel deur die donderweer, maar ook deur die fluistering in die windstilte.

My gebed is dat die einde van jou jaar nie 'n afgrond sal wees nie, maar 'n skotige afdraand sodat mens ook tyd het om die mooi dinge om jou kan raaksien. Geniet die buie wat tans val.

Liefde-groete, Peet

Views: 85

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service