The Butler vertel die verhaal van Cecil Gaines (Forest Whitaker) en sy gesin teen die agtergrond van Noord Amerika se ontwikkelende burgerregte rewolusie. Lee Daniels (regisseur) en Danny Strong (skrywer) kry dit reg om hierdie stormagtige deel van Amerika se geskiedenis vanuit ‘n ander hoek te vertel. Die verhaal volg Gaines se 34 jare lange diens in die Withuis as butler en is losweg gebaseer op die lewensverhaal van Eugene Allen. Daar is geen tekort aan bekende gesigte in die rolprent nie - Oprah Winfrey, Lenny Kravitz, Robin Williams en John Cusack, om net ‘n paar te noem. Hierdie rolprent slaag daarin om ‘n stuk geskiedenis op ‘n kragtige en roerende wyse uit te beeld. The Butler gaan oor meer as net geskiedenis of politiek – dit is verhaal van mense, verhoudings en verandering.

Views: 169

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2022   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service