Dagsê


Somma ma net so 'n paar gedagtes en 'n storie wat ek hierdie week graag met jou wil deel om aan te herkou so met ons gemeente se dankfees maand saam. Iemand het op 'n kol gesê ... al kry ek nie altyd alles wat ek so graag wil hê nie, moet ek eerder dankbaar wees dat ek nie alles kry wat ek eintlik verdien nie. Of soos Albert M Wells, Amerikaanse skrywer van bekende aanhalings, gesê het... die meeste van ons het nie 'n idee hoeveel ons het om voor dankbaar te wees, tot die dag dat ek belasting daarop moet begin betaal nie.


Oor die verrassing van waarvoor om dankbaar te wees, wil ek graag hierdie storietjie met jou deel wat ek êrens gelees het...

'n Seuntjie van nege sit eendag in sy skoolbank en kry 'n glipsie wat hom nog nooit voorheen oorgekom het nie. Hy weet as enige van sy skoolmaats dit sien, gaan hy nooit die einde daarvan hoor nie om nie eers te dink wat die dogtertjies in sy klas daaroor te sê gaan hê nie. Hy stuur toe 'n noodgebed boontoe... liewe Jesus oor vyf minute as daai skoolklok lui, is my doppie geklink as U nie nou help nie. Toe hy opkyk is jy onderwyseres oppad in sy rigting en hy kon sweer sy weet van hierdie plassie hier tussen sy voete. Maar terwyl sy nog so na hom aangestap kom, struikel een van die dogtertjies in sy klas met die visbak wat sy vol water moes loop maak
daar tussen hom en die juffrou dat jy net water sien trek wat hom toe van kop tot tone natgooi. Hy vlieg op in sy sopnatgeit en sê by homself... dankie, dankie tog Jesus vir die noodplan wat U sopas gestuur het. In plaas van dat hy toe gespot raak oor sy glipsie, is hy aan die ontvankant van almal se simpatie. Die juffrou neem hom gou gou verskonend uit die klaskamer en kry vir hom 'n sweetpak geleen solank sy skoolklere droog word. Al sy klasmaats kruip oral rond om die water gemors opgedroog te probeer kry. Terwyl hy hom baai in al die simpatie en aandag, kry die dogtertjie wat met die visbak gestruikel het die spot wat vir hom bedoel was. Uiteindelik toe die aardige skooldag om is, terwyl hulle vir die bus staan en wag om huistoe te gaan, loop die seutjie na die visbak verleentheid dogtertjie toe en sê saggies vir haar... jy’t dit aspris gedoen, nê? En net so saggies antwoord sy... ek het ook eendag my broekie natgemaak.


Dianne Gravin het gesê... niks is 'n beter bewys vir dankbaarheid nie as die spontane vreugde van die ontvanger daarvan.


Groetnis

Johann Voges

Views: 97

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service